Ek lê op my bed, so onrustig dis middernag lankal verby;
En ek hoor hoe die nagtlike koelte deur eike en denne sig sprei
Dit ruis nes die stiltige waters wat daar skuif oor die sandige strand.
Gehoor deur die wandelaar van verre, wat seewaarts hom haas oor die land.
O nagwind kom se my, wat spreek tog jou ruisende lied?
Vertel jy 'n tyding van liefde? Bring jy vrede of wee en verdriet?
Dit is my of duisende stemme van mense reeds lank weggekwyn,
Vermeng met jou ruisende sugte hul eggo van droefheid en pyn.
Die voorsang van duisende wesens, nie gehore, vertolk my jou sug,
die lied van hul komende weedom die dra jy so sag deur die lug.
O nagwind, ek hoor maar deurgrond nie jou klaende suisende sang,
my harte klop sneller en sneller, my kinderlik harte word bang.





