Dickie is skaars dertien
sy maak haar lippies rooi
sy't lankal al haar lappop
op die ashoop weggegooi
Dickie rook 'n camel
sy skink 'n glasie wyn
sy sê dit maak die stemme stil
al proe dit soos asyn
KOOR
en Dickie sê sy's eensaam
Dickie sê dis laat
Dickie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
oor dinge wat verby is
en dinge wat gebeur
die dinge wat op loer lê
net buitekant haar deur
KOOR
CHORUS
CHORUS





