Wel ek bieg, ek was ´n meester
geweet hoe om jou te beheer
en elke tree wat jy loop
ek was altyd, twee treë voor
Niks het jou ontgaan nie
ek sit, en drink en dink
want daai stukke van ons lewens
wat nou stadig my keel opdruk
my mond word droog en ek sluk
KOOR
En ek staan op en ek loop uit en ek gooi op
Want ek sien jou nie meer nie
Wel ek bieg, ek was ´n meester
geweet hoe om jou te speel
in elke woord wat jy hoor
ek was altyd twee woorde voor
Ek kan dit nie verstaan nie
ek sit, ek stink, ek verdrink
en daai stukke van ons lewens
wat my maag op en af laat ruk
en my mond word droog en ek sluk
KOOR
Die brandewyn laat my vergeet
ek meng dit met Coke my hele lewe
en ek meng dit met met jou en ek
KOOR
En ek staan op en ek loop uit en ek gooi op
want ek sien jou nie meer nie.
Ek ..





