If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

LUI LETTA

My suster is die luiste mens
Wat jy jou kan verbeel;
Heeldag kry ons werkies tuis:
Vir haar is al's te veel!

As ma vir Letta gou uitstuur,
Hoor jy haar net brom:
"Hoekom kan Mieta dan nie gaan,
Ek moet maar altyd kom!"

Letta was te lui vir werk,
Te lui om iets te doen,
So lui en vet het sy geword -
So dik soos 'n pampoen!

Haar luiheid was al vér bekend
En orals waar sy gaan,
Sê al die mense wat haar sien:
"Daar kom Lui Letta aan!"