If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano

In die Vreemde

Flash is required!

Hulle ontmoet toe hulle Kanadese burgerskap aanvaar in Vancouver. Elf uur op 'n Woensdag by die gratis-Bybeltjie-tafel. Ironies. Lagwekkend. Of mooi. Mens mag jou eie woord daarvoor kies: waar agnostikus, afvallig-protestant, ateïs (eks-Moslem) en Katoliek, Bybel in die hand, mekaar groet en ontmoet. Vier vrouens. Vier eerste tale, geboortelande, voorkomste, vriende, voorsate. Vastelande selfs.
    Alfabeties het hulle gewag. Om trou te sweer aan 'n Koningin uit Engeland. Volgens oorlewering behou deur 'n dogterland wat nie naelstring wou knip nie. Kanada. Nuwe land vir haar uit Korea, Afrika, Iran, Mexiko. Met 'n Suid voor elkeen: Suid-Korea, Suid-Afrika, Suid-Iran, Suid-Mexiko: Jihoo, Leandri, Norah, Rossi. In ouderdom tien jaar inkremente uitmekaar. Negentien. Nege-en-twintig. Nege-en-dertig. Nege-en-veertig. Elkeen daar suiwer vir die Papier en nie omdat hulle 'n flenter omgee vir 'n Koningin van iewers nie.
    Sertifikaatjie in die hand, vasgeknyp in die bybeltjie vir reguit-hou, drink hulle saam tee.
 
•1•
They met while accepting Canadian citizenship in Vancouver. Eleven o'clock on a Wednesday at the free-Bible-table. Ironic. Laughable. Or beautiful. You may choose your own word for it: where an agnostic, inactive Protestant, atheist (ex-Muslim) and Catholic, with Bible in the hand, greet each other and meet. Four women. Four first languages, birth countries, appearances, friends, ancestors. Even continents.
    They waited alphabetically. To swear allegiance to a Queen from England. Legend has it she was kept by a daughter-country that preferred to stay attached at the navel. Canada. New country for her from Korea, Africa, Iran, Mexico. With a South before each one: South Korea, South Africa, South Iran, South Mexico: Jihoo, Leandri, Norah, Rossi. In age, apart in increments of ten years. Nineteen. Twenty nine. Thirty nine. Forty nine. Each one there purely for that Paper and not because they care much about a Queen from where ever.
    Certificate in hand, pinched in the little bible to keep it straight, they join for tea.
 
"Die land se tee is sleg," sê een. En almal.
    So sit hulle af na die waterfront se delikatesse toe vir 'n viering met ‘n tee-ritueel. Soos vrouens maak na 'n seremonie van 'n aard. Hulle bestel: groentee, rooitee, vrugte-tee en kamille-kruie tee. Ingevoer. Voorgesit in deurskyn glaskoppies. Turks. Ali, die immigrant uit Turkye, skink die tee. Vyf tipes tee vir hulle en vir hom sy eie. Hy koer oor die Papiere, Kanadese Burgerskap, waarop hulle ter viering drink. Hy kan dit eers oor 'n jaar bekom. Die vroue koer oor die baba op sy heup.
    Norah sê: "Hy kry swaar."  Woordloos word dit beaam deur vrouens wat self al 'n wa deur 'n drif moes sleep.
    Leandri sê: "Sy Engels is verkeerd." Sy bevestig wat meer as een van hulle weet, sy spyskaart se spelling is erg sleg, onherkenbaar amper.
    Rossi sê: "Sy tafeldoeke is te min, en nogal vuil." Sy is die een uit Mexico, wat glo aan handwas op klippe met boerseep, waarna mens uiteet tafeldoeke en servette stywe met stysel.
    Jihoo sê: "Spyskaarte behoort in ander tale ook te wees en miskien sal plakkate teen die mure meer aandag trek." Sy is die student wat dadelik die beskikbaarheid van agt tale tussen hulle tel en kalligrafie doen van kleintyd af.
 
•2•
"This country's tea is bad," says one. And all.
    So the take off to the water front deli for a celebration with a tea ritual. Kind of like what women do after a ceremony of sorts. They order: green tea, rooibos tea, fruit tea en camomille herbal tea. Imported. presented in see-though glass cups. Turkish. Ali, the immigrant from Turkey, pours the tea. Five types of tea for them and his own for himself. He muses over the Papers, Canadian citizenship, upon which they drink in celebration. He can only get his in a year. The women faf over the baby on his hip.
    Norah says: "He suffers."  Without saying it is affirmed by the women who had to face many difficulties themselves.
    Leandri says: "His English is wrong." She confirms what more than one of them noticed, the spelling on his menu is really bad, nearly beyond recognition.
    Rossi says: "Hy has too few table cloths, and they're quite dirty." She's the one from Mexico, who believes in washing by hand on stones with raw soap, then one startches the eat-out table cloths and napkins (serviettes).
    Jihoo says: "The menus should be multilingua, and maybe some posters against the walls will draw more attention." She is the one who immediately counts the ability in eight languages among themselves and who does calligraphy since her childhood.
 
"Ons sal moet uitbrei. Tafels plus rooi sambrele is buite nodig en ons sal moet koekies bysit uit ons lande. En vermaak. Mense in hierdie land raak gou verveeld." Dis Norah wat eerste 'ons' gebruik. Wat hulle word. Net daar: Hulle word die vier-span 'ons' vrouens wat vir Ali uit Turkye begin help. Die sagte mooi man wie se vrou pad gevat het Istanboel toe sonder haar kind. En sonder die burgerskap sertifikaatjie van die vreemde land waar sy nie kon aard nie.
    Nie dat een van die ander vyf daar aard nie. Hulle verklaar dit al die eerste dag. Hulle hou nie van Kanada, sy mense of die weer nie. Selfs nie hier in die mooie Vancouver nie. Maar aanbly is hulle voorland, want deure na geboorte lande is redelik of heeltelmal toe. Uit eie keuse of gedwonge. Hulle is nou in Kanada en hulle sal hier moet leer leef.
 
•3•

Terwyl Jihoo alles in drie Oosterse tale vertaal, redigeer Leandri die spyskaart nadat Norah koekies uit Iran bygevoeg het. Rossi skrop tafeldoeke en Ali gil straat-af vir Darko uit Serwië om hand by te sit. Ali draf ook om bladsy grootte landsvlaggies uit sy stoor te soek wat Norah teen die muur wil ophang. Met 'n hele dag afgeboek vir die burgerskap plegtigheid, wat gou afgehandel was, begin hulle bestek opneem van hul vaardighede. Vir vermaak en sommer oor die algemeen. Hulle kuier oor tee en leer mekaar en vir Ali ken. Dit word 'n vrolike middag met lag en gesels.
 
•4•
Terwyl Jihoo alles in drie Oosterse tale vertaal, redigeer Leandri die spyskaart nadat Norah koekies uit Iran bygevoeg het. Rossi skrop tafeldoeke en Ali gil straataf vir Darko uit Serwië om hand by te sit. Ali draf ook om bladsy grootte landsvlaggies uit sy stoor te soek wat Norah teen die muur wil ophang. Met 'n hele dag afgeboek vir die burgerskap plegtigheid, wat gou afgehandel was, begin hulle bestek opneem van hul vaardighede. Vir vermaak en sommer oor die algemeen. Hulle kuier oor tee en leer mekaar en vir Ali ken. Dit word ʼn vrolike middag met lag en gesels.
 
Jihoo vertel eerste oor haarself, borrelend vol lewe op negentien. "Ek kan met drie instrumente musiek maak. My ouers is weg uit Suid-Korea toe ek twee was, omdat hier in Kanada soveel meer geleenthede is vir my. My ouers woon in 'n dakwoonstel en werk as na-ure skoonmakers by 'n supermark. Ek is n tweedejaar student by die Universiteit hier. Ek sal 50% van die wins wat ons maak hou en die ander 50% vir Ali gee." Met die sorgvuldigheid van haar kultuur skryf sy dit neer en teken daarby.
 
•5•
Jihoo vertel eerste oor haarself, borrelend vol lewe op negentien. "Ek kan met drie instrumente musiek maak. My ouers is weg uit Suid-Korea toe ek twee was, omdat hier in Kanada soveel meer geleenthede is vir my. My ouers woon in 'n dakwoonstel en werk as na-ure skoonmakers by 'n supermark. Ek is n tweedejaar student by die Universiteit hier. Ek sal 50% van die wins wat ons maak hou en die ander 50% vir Ali gee." Met die sorgvuldigheid van haar kultuur skryf sy dit neer en teken daarby
 
"Ek speel klassieke kitaar. Baie goed." Rossina-Maria Hernandez moes eintlik 'uitmuntend' sê, maar haar Engelse taalvermoë is beperk, selfs na twintig jaar hier as kinderoppasser. "Tien jaar daarvan was onwettig," beken sy en lag te heerlik. "Ek kook ook." Sy wil 20% van enige opbrengs na haar tuisdorp se Katolieke kerk stuur, 60%  hou, en 20% vir Ali te gee. Sy spaar elke sent om haar susters een vir een te laat kom 'kuier'. Soos sy. Onwettig: tot dit wettig is. Weer lag sy te lekker. "Ek kan nie 'n motor bestuur nie, iemand sal my moet kom oplaai."
 
•6•
"Ek speel klassieke kitaar. Baie goed." Rossina-Maria Hernandez moes eintlik ‘uitmuntend' sê, maar haar Engelse taalvermoÑ‘ is beperk, selfs na twintig jaar hier as kinderoppasser. "Tien jaar daarvan was onwettig," beken sy en lag te heerlik. "Ek kook ook." Sy wil 20% van enige opbrengs na haar tuisdorp se Katolieke kerk stuur, 60%  hou, en 20% vir Ali te gee. Sy spaar elke sent om haar susters een vir een te laat kom ‘kuier'. Soos sy. Onwettig: tot dit wettig is. Weer lag sy te lekker. "Ek kan nie 'n motor bestuur nie, iemand sal my moet kom oplaai."
 
"Ek wil 100% vir Ali gee. Ek het nie die geld nodig nie, ek het 'n baie goeie werk hier." Leandri sê dit sag maar met finaliteit. "Ek gaan nie terug na my land toe nie, my ouers is daar vermoor na ons aangeval is een nag. Suid-Afrika het my seer gemaak. Dis verby. Ek is amper dertig. Hierdie is my nuwe land en julle my nuwe vriende. Ali voer vir my rooibos tee in, al vir drie jaar lank. Ek wil hom help. Ons twee het al gepraat oor koeksisters by die tee sit. Dis iets lekker soet uit my land. O, en ek sal vir Rossi rondry."
    
Nora sê: "Julle moet weet dat ek ook nie teruggaan na my land toe nie. Maar nie soos Leandri, uit vrye wil, nie. Ek was vier jaar lank in Iran in die tronk as politieke gevangene. Ek is en was 'n aktivis en 'n soldaat. Ali kan 70% van wat ons verdien kry, 30% wil ek Iran toe stuur: aan die man wat my help ontsnap het." Daar is ys in haar oë terwyl sy daaroor praat. Skielik die eenkant soldaat met skrapnel in haar siel. "Ek ken mense." Sy sê dit sag. In die huidige span is dit 'n goeie ding. Meestal sou dit in Norah se geval nie so wees nie, die 'mense' wat sy ken werk ondergronds, in die skadus van elke stad. Dit is dus wat sy kan bydra. Die kontak 'mense' wat sy ken. Sy speel niks, dans nie maar organiseer wel goed. Sy maak resepte bymekaar, ken iemand wat tafels goedkoop sal kry sodra die eerste fondse inkom. Sy reël 'n kluis vir die geld. Sy trek 'n plan op om die werksbeurte te verdeel.
 
•7•
"Ek wil 100% vir Ali gee. Ek het nie die geld nodig nie, ek het 'n baie goeie werk hier." Leandri sê dit sag maar met finaliteit. "Ek gaan nie terug na my land toe nie, my ouers is daar vermoor na ons aangeval is een nag. Suid-Afrika het my seer gemaak. Dis verby. Ek is amper dertig. Hierdie is my nuwe land en julle my nuwe vriende. Ali voer vir my rooibos tee in, al vir drie jaar lank. Ek wil hom help. Ons twee het al gepraat oor koeksisters by die tee sit. Dis iets lekker soet uit my land. O, en ek sal vir Rossi rondry."
    
Nora sê: "Julle moet weet dat ek ook nie teruggaan na my land toe nie. Maar nie soos Leandri, uit vrye wil, nie. Ek was vier jaar lank in Iran in die tronk as politieke gevangene. Ek is en was n aktivis en n soldaat. Ali kan 70% van wat ons verdien kry, 30% wil ek Iran toe stuur: aan die man wat my help ontsnap het." Daar is ys in haar oë terwyl sy daaroor praat. Skielik die eenkant soldaat met skrapnel in haar siel. "Ek ken mense." Sy sê dit sag. In die huidige span is dit 'n goeie ding. Meestal sou dit in Norah se geval nie so wees nie, die 'mense' wat sy ken werk ondergronds, in die skadus van elke stad. Dit is dus wat sy kan bydra. Die kontak ‘mense' wat sy ken. Sy speel niks, dans nie maar organiseer wel goed. Sy maak resepte bymekaar, ken iemand wat tafels goedkoop sal kry sodra die eerste fondse inkom. Sy reël 'n kluis vir die geld. Sy trek 'n plan op om die werksbeurte te verdeel
 
Dit gebeur amper te maklik.
    Hulle kry binne 'n week die permit om op te tree as straat-kunstenaars in hierdie land waar mens vir alles moet toestemming kry. Norah doen dit.
    Rossi is moedeloos en sê: "My huis kry nie 'n gesondheids sertifikaat nie, ek sukkel al vier jaar." Want sy kan na werk die koeksisters, waarvan Leandri praat, in dosyne uitryg. Maar sodra sy wil bak uit haar huis, keur die owerhede haar plekkie af. Norah se 'mense' help met opkikker van die kombuis en die Papiere om daar te mag kosmaak. Binne twee dae bak Rossi.
 
•8•

Jihoo bieg skaam: "Ek moet elke aand hier kom speel. My ouers is baie trots op my, hulle wil kom luister. Soms. Hulle sal nie pla nie."
    (Leandri): "Ek sal drie keer 'n week kom dans: na werk Vrydae en lank oor die naweke. Ek wil die gaste bedien ook, ek het dit as student gedoen." Leandri val die eerste naweek al in, meer vir bedien van dit wat Rossi gebak het as vir dans. Jihoo se energie met viool, fluit en tjello hou voldag aan die eerste dag en haar ouers sit by 'n tafel en kou aan 'n koeksister waaruit die stroop drup; soos dit moet.
    Norah hanteer die praktiese planne. Sy koop, sonder om te vra, die eerste dag al vir Ali nuwe klere. "Mense kyk na jou uniform. Dit wen oorloë." Sy skater toe haar soldaat-wees hulle weereens skok. Sy praat nooit oor haar werk nie, hulle vra nie, sy spot net soms goedig. Met pyn by soms.
 
•9•

(Norah): "Tronk-sit en martel gaan nie weg uit mens nie," sê sy een aand toe dit stil raak. Na die mense weg is en Rossi se kitaarklanke nog in die ruimte luier, lank na sy ophou speel het. "Doodmaak van jou familie om jou ook nie," sy sê die aaklige woorde namens Leandri, wat knik." Jy mag ons eendag vertel as jy wil." Soms hierna, was Woensdagaande laat biegaande, waar net hulle vyf was. Met die deure dig het hulle woorde begin deel oor dit wat te swaar is om alleen te dra in 'n vreemde land. Eers net woorde om mekaar beter te leer ken, later emosie en pyn. Na dit geheime, die wat hulle veilige kon vertel aan mense in dieselfde bootjie: wat ver uit hulle land nie meer vertrouelinge gehad het nie.
 
•10•

Ali praat min voor ander mense. Van dag een af het hy die formidabele klomp vroue maar laat begaan. Met dankbaarheid. Hy het wel meer en meer sy bidtye as Moslem begin onderhou. Daar was nou amper permanent iemand wat na sy seuntjie help kyk het. Die vlaggies van mense wat hulle land se vlag wou plant het gegroei tot ver oor die dertig.  Dit was deel van die dekor van die restaurant en mense het soms spesiaal kom inloer om na die veelkleurige muur te kyk, en sommer om seker te maak hulle land se vlag wapper al teen die muur van die vrolike restaurant.
Norah het 'n nuwe Moslem bidmatjie gebring net na sy gesorg het vir Ali se nuwe klere. "Ek glo dit net nie meer nie," het sy amper met verkoning oor Islam gesê. Met diepste respek het sy wel sy geraamde Koran-vers vorentoe geskuif in die winkel. Langs die Maria-en-Jesus-kruisie in: waarop Rossi aangedring het na die eerste keer se kitaar speel.
 
•11•

Na 'n jaar en n bietjie, toe daar ses gelowe se simbole knus saam hang teen die muur, en meer as veertig lande se vlaggies, tel 'n skerp joernalis die storie op. Twaalf rooi sambrele is buite op. Die media sak toe. Ali vertel die storie omdat die vrouens skielik die skadus verkies en woordloos staar na die media-sirkus om hulle. Vier televisiestasies kom gelyk aan en die kameras flits.
    "Gestremdes uit vyf lande help mekaar!" word uitgeblaker. Oral en te veel. Veral na hulle gevra word om op televisie ook te verskyn op 'n spitstyd program saam met die bekendste geselsprogram aanbieder: Die blinde, dowe, verbrande, verlamde en die geskende sit in die ateljee. Hulle praat min die aand. Verslae oor die publisiteit.
    Jihoo: "Ek is blink gebore," verklaar die twintigjarige student en speel iets moois op die silwerfluit.
    Leandri: "In 'n aanval op my familie het die beserings my doof gemaak," sê sy met die taal van iemand wat kon hoor en nou op dertig nie meer kan nie, dowwe woorde, maar goed genoeg.
    Norah: "Ek is gemartel met kookwater in 'n tronk, dis hoekom my gesig en arms so opgefrommel is." Die soldaat praat die minste. Op veertig draai sy nie meer haar gesig weg van die kamera af nie. Haar oë is sagter, nou. Kyk reguit in die lens in.
    Rossi: "Ek is verlam na 'n busongeluk. Met die geld wat hulle uitbetaal het, kon ek trek uit my land en hier kom bly." Die Mexikaan speel in die rolstoel kitaar. Uitmuntend.
    Ali: "Hulle het my regterhand afgekap toe ek 'n kind was. Ek het gesteel. Dit was my land se gebruik destyds, met diewe soos ek." Die Turk praat sag, maar eerlik sonder skaamwees en in beter Engels as 'n jaar tevore. "My vrou het my verlaat en is terug Turkye toe. Sy het my seun hier gelos. Hierdie vrouens het my kom help. My besigheid floreer nou, ek het selfs 'n man uit Pakistan wat by my werk. Ons immigrante sorg vir mekaar."
 
•12•
Na 'n jaar en 'n bietjie, toe daar ses gelowe se simbole knus saam hang teen die muur, en meer as veertig lande se vlaggies, tel 'n skerp joernalis die storie op. Twaalf rooi sambrele is buite op. Die media sak toe. Ali vertel die storie omdat die vrouens skielik die skadus verkies en woordloos staar na die media-sirkus om hulle. Vier televisiestasies kom gelyk aan en die kameras flits.
    "Gestremdes uit vyf lande help mekaar!" word uitgeblaker. Oral en te veel. Veral na hulle gevra word om op televisie ook te verskyn op 'n spitstyd program saam met die bekendste geselsprogram aanbieder: Die blinde, dowe, verbrande, verlamde en die geskende sit in die ateljee. Hulle praat min die aand. Verslae oor die publisiteit.
    Jihoo: "Ek is blink gebore," verklaar die twintigjarige student en speel iets moois op die silwerfluit.
    Leandri: "In 'n aanval op my familie het die beserings my doof gemaak," sê sy met die taal van iemand wat kon hoor en nou op dertig nie meer kan nie, dowwe woorde, maar goed genoeg.
    Norah: "Ek is gemartel met kookwater in 'n tronk, dis hoekom my gesig en arms so opgefrommel is." Die soldaat praat die minste. Op veertig draai sy nie meer haar gesig weg van die kamera af nie. Haar oë is sagter, nou. Kyk reguit in die lens in.
    Rossi: "Ek is verlam na 'n busongeluk. Met die geld wat hulle uitbetaal het, kon ek trek uit my land en hier kom bly." Die Mexikaan speel in die rolstoel kitaar. Uitmuntend.
    Ali: "Hulle het my regterhand afgekap toe ek 'n kind was. Ek het gesteel. Dit was my land se gebruik destyds, met diewe soos ek." Die Turk praat sag, maar eerlik sonder skaamwees en in beter Engels as 'n jaar tevore. "My vrou het my verlaat en is terug Turkye toe. Sy het my seun hier gelos. Hierdie vrouens het my kom help. My besigheid floreer nou, ek het selfs 'n man uit Pakistan wat by my werk. Ons immigrante sorg vir mekaar."
 
Die media sorg ook goed vir sulke aangrypende stories. Jihoo se studies word betaal tot op M-graad vlak; as sy sou wou. Rossi se twee susters kom aan net na sy vyftig word, sonder om te kul, met Werkspermit-Papiere wat wettig is. 'n Groot bedrag geld beland in 'n rekening van 'n gewone man in Iran: die man wat lank gelede vir Norah help ontsnap het. Twee dansgroepe vir kinders word gestig in Suid-Afrika. Hulle begin binne drie maande toer en uitvoerings gee: die heel eerste een in Vancouver.

Die hele affêre is na omtrent drie maande vergete. Gelukkig ontplof n bom iewers naby 'n kleuterskool en die media-sirkus skuif soontoe.
    By Ali kuier vyf mense uiteindelik weer net Woensdagaande saam, laataand, na toemaaktyd. As baie diep vriende nou. Geanker in liefwees. Met respek en genieting van geloof, tradisies en elkeen se verlede.

    "Ons moet iets nuut doen. Saam," sê een van hulle laat een aand oor vyf soorte tee, soos altyd.
"Mens sal dankbaarder moet wees. Vir 'n nuwe land. Soos Kanada. Die plek is goed vir ons," sê iemand. Die ander stem saam. Met koeksisters en biltong, Spaanse musiek,  spyskaarte in vyftien tale geskryf, tee uit twaalf lande en landsvlaggies uit sewe en veertig lande, mag mens sekerlik as immigrante vir dankbaarheid pleit.
"Hoe doen mens dit?"
"Kom ons nooi die Koningin van Engeland vir tee. Hier, in Kanada, onder ons immigrante se lande se vlae."
 
•13•
Die media sorg ook goed vir sulke aangrypende stories. Jihoo se studies word betaal tot op M-graad vlak; as sy sou wou. Rossi se twee susters kom aan net na sy vyftig word, sonder om te kul, met Werkspermit-Papiere wat wettig is. 'n Groot bedrag geld beland in 'n rekening van 'n gewone man in Iran: die man wat lank gelede vir Norah help ontsnap het. Twee dansgroepe vir kinders word gestig in Suid-Afrika. Hulle begin binne drie maande toer en uitvoerings gee: die heel eerste een in Vancouver.

Die hele affêre is na omtrent drie maande vergete. Gelukkig ontplof 'n bom iewers naby 'n kleuterskool en die media-sirkus skuif soontoe.
    By Ali kuier vyf mense uiteindelik weer net Woensdagaande saam, laataand, na toemaaktyd. As baie diep vriende nou. Geanker in liefwees. Met respek en genieting van geloof, tradisies en elkeen se verlede.

    "Ons moet iets nuut doen. Saam," sê een van hulle laat een aand oor vyf soorte tee, soos altyd.
"Mens sal dankbaarder moet wees. Vir 'n nuwe land. Soos Kanada. Die plek is goed vir ons," sê iemand. Die ander stem saam. Met koeksisters en biltong, Spaanse musiek,  spyskaarte in vyftien tale geskryf, tee uit twaalf lande en landsvlaggies uit sewe en veertig lande, mag mens sekerlik as immigrante vir dankbaarheid pleit.
"Hoe doen mens dit?"
"Kom ons nooi die Koningin van Engeland vir tee. Hier, in Kanada, onder ons immigrante se lande se vlae."
 
Toe doen hulle dit.
Uit dankbaarheid. Op die kop elf-uur op 'n Woensdag. Net ongelukkig weer met die ganse media-sirkus by: waaroor al vyf hierdie keer net kliphard lag. Omdat dit 'n heerlike dag is en die Koningin spesifiek vra vir Earl Grey tee. Sy kou aan 'n koeksister waaruit daar elegant stroop drup. Haar hoed is pragtig rooi, soos die sambrele voor Ali se kuierplek. Die teeplek waar vriende bymekaar kom: om te kuier, ver in die vreemde. 'n Tee Huis.
- Audrey N Painter
 
•14•
Then they did it.
Out of gratitude. At eleven o'clock on the dot on a Wednesday. Just unfortunately with the whole media circus there too: and this time all five laugh out loud about it. Just because it is a beautiful day and the Queen specifically asks for Earl Grey tea. She chews on a 'koeksister' from which elegantly drips some syrup. Her hat is a bautiful red, like the umbrellas in front of Ali's hang-out place. The tea spot where friends meet: to visit, far  abroad. A Tea House.