If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Biografie

Gebore in 1961 in Florida, Transvaal, RSA. As kleuter na Pretroria - Laerskool Pretoria-Oos (Mnr Spens, Juffrou Heinichen en Stuart ...) Rivierase Laerskool (Mnr Lemmer, van Tonder, Juffrou McLaughlin, Mnr Oosthuisen Venter, Visser), Hoërskool Hendrik Verwoerd (Mnr Morland, Boontjie, Ballie). Vloot (Saldanha, Simonstad, Pretoria). Sending (Bloemfontein, Vereeniging, Mitchells Plein, Belgravia en Athlone). Universiteite: UNISA, Tukkies, Brigham Young en Utah State. Sedert 2002 verbonde aan die Skool vir Inligtingkunde aan die Universiteit van Wisconsin, Milwaukee.

Jacques het op 'n jeugdige leeftyd al begin dig. Vir twee dekades was sy digpen lomerig, maar nou het daai pen weer begin woeker. Af en toe skryf hy ook kortverhale en kinderverhale.

Hy doen ook vertaalwerk uit en na Afrikaans. Hy doseer Afrikaans in Amerika sedert 1984, maar bevind hom twee of meer keer per jaar in Suid-Afrika.

Hy was pas president van die National Council of Less Commonly Taught Languages en 'n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.