If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Vergewe my dit

Vergewe my
my onbedagsaamheid,
wanneer jy water vra -
ek slegs sand aandra.

Vergewe my
my selfsugtigheid -
deur son vir my te hou,
terwyl jy in donker rou.

Vergewe my
my onverdraagsaamheid -
as dorings in vlees steek,
my nuwe blare deurbreek.

Vergewe my
my onnoselheid -
in stede van plek te maak,
ek jou kroonblare kraak.

Vergewe my
my onbetrokkenheid -
as jy alleen eenkant staan,
ek blind is vir jou traan.

Vergewe my
my negatiwiteit -
oor blomtuin hoeka verlore,
deur toeka se geslote ore.

Vergewe my nie
my realiteit -
dat ek steeds knielend bid,
God sy Tuinhand hier spit.