If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Skenk my

Skenk my genade, geduld,
sonder strompel-struikel -
hierdie heel laaste myl
op lange lewenspad,
elk enkel tree vir tree,
in U genadebaan te gee.

Skenk my lewenslan-lense
wys my U lig vir my voet,
ook U lamp vir my pad,
ek wil waarneem, wandel,
waar U kompas my vat.

Skenk my langdurig’ lugweë
teue vol aroma-geure,
van U wonderskepping,
wees U my sielsgenoot,
skenk my vrede en genade,
onverdiend want U is groot.