If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Melkweg Liefde

Jy draai al om my gedagtekern
ek wentel deur jou hartgange
waar jou maanligstraal my lei
daar los ek ‘n krummelstreep
om my meteorstof te bevry

Vra fluisterend vir Mercurius
om jou drome skerp te belig
as ek deur die wye melkweg gly
sal ons mekaar se wentelbaan
dalkies, binnekort raakry

Vergesel my op ‘n ruimtereis
waar ons saam kabouterhang
aan selkelmaan se holrugwang
daar in die blink buitenste ruim
waar maan nooit sak en verdwyn

Is ons dalk gepla met die maan?
wys dan waar jy met oggenddou gaan
soos Mercurius, Mars en Jupiter
drink ons dors, luidrugtig saam
uit God se groot genadegieter