If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Kerspit Storie

konsentrasie en bewende kreukelvingers
wurm gare deur stippelklein oog van naald
sekuur geknoop en ronde houtraam verstel
hierdie laaste werkstuk moet ‘n storie vertel

helder borduurgare in skakerings van rooi
vloeiend inmekaar word roosblare voltooi
soos hart se kleurstof wat stadiger pomp
word naald se punt ook stadigaan stomp

elke kerspit knoppie perfek deurgetrek
trane agter dikraambril vorm ’n waas
stekies styf teenmekaar in kleure van groen

stam word opgevul en agtergrond verbloem

 

bruin vlekbedekte handjies kramp

kromruggie buk nader om beter te sien

die kniegie skud weer onbeheersd

en vingerhoed word in rondte gedraai

 

lamp flikker langs waskom op tafel

laat haar dink aan olie oor haar eie siel

Here gee dat hul hierdie waardeer

as dit oor moderne katel drapeer