If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Jy is my heelal en meer

Flash is required!

Jy biggel doudrup in my vreugdestraan
begin en einde van my verstaan
elk’ suiwer noot in my hart
‘n trilsagte harmonie.

Jy is die kleurgenot
wat in sagte pastel ‘n storie vertel
‘n aandster wat flikflooi –
alles en elk in silwer tooi

Jy is dit alles ensoveel tonne meer
as wat sprokiesvehale ooit kan leer
my asem, hartklop, gevoel en gehoor
as ek tred met samelewing verloor