If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Hoeveel Keer

hoeveel  keer
in vergane jare
opgestaar -ervaar
lense se gevaar
worteldiep binne
deernis onthul
met egte, opregte
omgee kom vul
ewigdurende liefde
stil bekendgemaak
op jou lippe
sagte tere
soet bittersmaak
 
hoeveel keer
hartseer huiwerend
digby oppervlak
opwel trane
agter grysgroen o ë
moed soms in skoene
wiefelend loop sak
herinnering aan vervloeë
veerlig tiekiedraai
beskermend vashou
in bekende arms
snoesig toegevou
 
hoeveel sakke sout
saam geëet gedeel
tye van kromkreun
hand aan hand gestap
slegs goeie behou
uit lewensemmer
versigtig getap
stukkend en sukkel
gedeel - geheel
met glinster glimlag
laat rus in verlede
hoop,geloof,vertroue
gevestig op hede
 
hoeveel ure
onvoorwaardelik
romanties spandeer
telkemale opnuut
liefkosend flankeer
so stap ons saam
duister, donker
tog swanger
stil toekoms in
want ons het mekaar
dis genoeg vir oorbegin
niks meer niks minder
word van ieder verwag
gevra of benodig
saam is harte een
die res slegs oorbodig