If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Ek is net ‘n halwe mens

Ek is net ‘n halwe mens
met ‘n billike wens
dat gisters se distels
in doringseer spore
soos mis sal verdwyn

Ek is net ‘n halwe mens
met ‘n broos breek-hart
boepens vol omgee
maar in sy kamers
lê sakke vol smart

Ek is net ‘n halwe mens
wat stomstil-starend
jou nar borrel-lag volg
om elk hoek en krom-draai
soos jy dit tartend uitkraai

Ek is net ‘n halwe mens
wat ‘n wiegie-lied sing
knielend, biddend wonder
wat die tere toekoms
se kontoerkaart bring

Ek is net ‘n stukkend’ mens
vol goue hoop en geloof
dis hoe ek sal staande
bly tot die son verduister -
my kers finaal uitdoof