If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Bekoring

Ek sien en ontleed
die boodskap in jou oog
sonder enkel klank
wat oor lippe breek
ek voel hitte uitstraling
van jou bors en buik
lank voordat jou vingers
strelend my wange stryk
ek hoor die ritmiese klop
van jou hart in my oor
en dis hier waar ek
tred met die samelewing verloor