If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Miskien

Flash is required!

Ek bid so baie vir die krag
Om dit te breek wat tussen ons lê
Ek vra so baie vir `n wag
Om nie te se wat ek wil hê

Ek verdwaal so baie sonder my ster
Ek voel te veel kere soos vannag
Te veel kere voel jy te ver
Ek verdrink soveel male in lag

So huil maar om dit uit te kry,
miskien maak die tyd ons vry.
Huil maar om dit uit te kry,
maar jy weet ek moet vannag nog ry
en miskien, net miskien
is alles dan o.k.
En miskien, net miskien
is alles dan o.k.

Ek word so moeg vir al die draaie
Wat ons stap om tyd te deel
Ek soek vergeefs in tyd se laaie
Om `n oomblik vir jou te steel

Waarheen is ons ure saam
Het winter dit verdrink
Ek verloor myself in hier en nou
En wens dat ons mekaar weer vind

So vergewe my die stiltes
As die afstand deur my spoel
Vergeet van al my kiltes
En onthou hoe het ons gevoel

I pray so much for the strength
To break that which lies between us
I ask so often for a guard
not to say what I want

I get lost so much without my star
Too often I feel like tonight
To often you feel too far
I drown too often in laughter

So weep to get it out
maybe the time will free us
So weep to get it out
but you know I still have to drive tonight
and maybe, just maybe
everything will be ok then
and maybe, just maybe
everything will be ok then

I tire so much of all the turns
That we walk to share the time
Hopelessly I seen in the drawers of time
to steal a moment for you

Where did all our hours go
Did winter swallow it
I lose myself in here and now
I wish we could find each other again

So forgive me the stretches of silence
As the distance flows through me
Forget of all my chilliness
I remember how we felt