If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Om Jammer te Sê

Flash is required!

Om jammer te sê
Is al wat ek kan sê om jammer te sê
Met net een woord my hart te verwoord
Dit wat ek nou voel vir wat ek aan jou gedoen het

Nooit gedink
Jammer kan so n groot woord wees nie

Soms maak ek seer
En ek kry altyd seer as ek die seer in jou oë sien
En wanneer dit gebeur
Dat ek die rede is vir wat ek in jou oë sien
Maak dit my seer
Nooit gedink
Dat ek jou ooit so seer kon maak nie

En o! Om jou te verloor
Was 'n verlies soveel groter as wat ek kon glo
My dae't verdof
Tot die stof waartoe stof terugkeer
En die as van die vuur
Wat ons liefde eens was

Om dankie te sê
Vir wat jy is en vir wat jy vir my beteken
Met net een woord my hart te verwoord
Dit wat ek nou voel vir wat jy vir my gedoen het
Nooit gedink
Dat jy soveel vir my beteken nie?

 

Sorry is all I can say to say sorry
To put to words that which I feel
For what I'd done to you

Never thought that sorry
Could be such a big word

Sometimes I hurt
And it always hurts when I see the hurt in your eyes
And when it happens
That I am the reason for what I see in your eyes
It hurts me
Never thought
I could hurt you like this

And oh! To lose you
Is a loss so much bigger than I believed could be true
My days have dulled
To the dust to which dust returns
And the ash of the fire
That our love once was

Thank you
Is all I can say to say thank you
To put to words that which I feel
For what you've done for me
Never thought that you
Meant this much to me