| Die missie van hierdie webwerf is om kosteloos die beste moontlike Afrikaans onderrig aan die internasionale gemeenskap te bied. |
| Die visie is om bydraes van moedertaalsprekeres aan te bied (gedigte, stories, sang, humor, ens.) sodat die leerder die taal kan ervaar soos dit gepraat word. |
| Die hoop is dat leerders en sprekers beide welkom sal wees op die webwerf en betrokke sal wees om die volgende te bewerkstellig: |
- sprekers help leerders
- meedeling van ervaring in die kultuur en die taal
- bou van internasionale vriendskappe rondom die taal
|
| Die lang termyn doel is om in die behoeftes van die volgende leerders te voorsien: |
- skoolkinders met 'n oppervlakkige belang
- universiteitstudente
- enige een met persoonlike belang om die taal te leer
|
| Later sal die ope kursus met universiteite netwerk om ook eksamens aan te bied vir akademiese krediet. |
| Laastens, die webwerf streef daarna om die Afrikaanse klank van al sy sprekers te bied. Indien daar nie genoeg van enige streek of groep hier verteenwoordig is nie, is dit so omdat die materiaal nie beskikbaar is nie. Geen voorkeur word gegee aan 'n persoon of persone as gevolg van hulle ras, godsdiens, streek van herkoms nie. Nuwe bydraes word altyd verwelkom (geskrewe, klank, en video). Selfs kontroversieële stukke mag geplaas word, solank die gepas is vir 'n kindergehoor, m.a.w. geen inhoud met die uitbeelding van geweld, haatspraak, 'n gevloek, of benede die belt geselsies word oorweeg nie. |