Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
môre is ver nog, en slapenstyd wag.

mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
'n Mensie in wording, hier onder my hart,
my liefde was joune, van toe af tot nou.
En van die begin af het ek al gevoel.
Vervulling is myne, ek is nou 'n vrou.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
môre is ver nog, en slapenstyd wag.
Nanki-pooh, nanki-pooh, maak nou jou ogies toe,
mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
Jy het gekom en my lewe verander.
'n Seunskind met bruin oë, soos ek altyd wou.
En mag dit gegee word, dat ek jou nooit faal.