If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

MY OUPA

My oupa is al baie oud,
Seker honderd jare,
Sy lange baard is baie grys,
En spierwit is sy hare.

Heeldag sit hy op die stoep,
Antwoord al my vrae
"Was Oupa ook ondeund gewees
In Oupa se jong dae?"

"Ai, ja, a! die kattekwaad!
Die kalwers word gery.
Hoenders ja, en varkies vang
Het almal pak laat kry!"