If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Die Dwergie van die Doringbos

1• Fynruik kry ook sommer honger. Hy klop met sy voorpoot aan die klein houtdeurtjie, en die ou mannetjie kom die deur oopmaak.
2• "Goeiemiddag my vriend, kom maar binne," sê die dwergie ewe vriendelik, want hy was altyd lief vir diere en baie goed vir hulle.
3• Toe Fynruik in kom en sien hoe lekker die ou huisie van binne is, voel hy somar tuis, en die mannetjie vra vir hom hoe hy sy pad daarheen gekry het. Fynruik vertel hoe sy baas deur die dorings omring en sy twee maters deur die ou heks gevang en opgesluit is.
4• "A, jy het net by die regte een uitgekom! Ek is Dwergie Doringbos self. Vir dorings is ek nie bang nie. Ek slaap op dorings, ek eet dorings en saans in die maanskyn dans ek op dorings. Daardie ou heks is 'n vabond. Sy het van my dorings gesteel om mee te toor en mense te vang. Miskien wil sy nog vanaand die doringheining aan die brand steek en die seun laat verbrand. Maar ek sal haar 'n poets bak. Ek wil net 'n bietjie van my goeie poeier saamneem."
5• Toe gaan die mannetjie die poeier aanmaak. Op 'n rakkie staan tien blikkies op 'n ry. Elkeen is van 'n ander kleur en op elkeen is 'n snaakse naam.
6• Op die eerste een staan: "Leeu-sterkte", op die tweede: "Skilpad-taaiheid" en verder op 'n ry staan: "Jakkals-skelmheid", "Akkedis-ratsheid", "Olifant-krag", "Voël-vlugheid", "Mier-vlyt", "By-angels", "Slang-gif" en "Krokodil-vet".
7• 'n Bietjie van elkeen het hy uitgehaal en in die drievoet-potjie gegooi, toe goed deurmekaar geroer en op die vuur gesit. Elke slag as hy 'n poeier bygooi, dan krul die rook op in die vorm van een van die diere. Naderhand was dit klaar, en hy sit die poeier in 'n klein silwerdosie wat hy in sy sak steek.
8• "Kom nou saam met my," sê die ou man-netjie onderwyl hy 'n lang, vaal doring in sy hand neem.
9• "As ek my swaard in my hand het, kan niemand aan my raak nie. Jy het by die voordeur ingekom, maar nou gaan ons by die agterdeur uit," sê hy en maak 'n ander deurtjie van die huisie oop. Hulle loop 'n entjie deur 'n gangetjie en toe kom hulle by 'n paar treetjies uit. Dit was die stam van dieselfde doringboom waaronder die seun gesit het. Fynruik kon amper nie deur die opening nie, maar die mannetjie het hom laat krimp totdat hy ook kon deur gaan, en daar staan hulle nou vlak voor die seun, wat nog al die tyd sit en plan maak hoe om daar uit te kom.
10• "Hoe kan ons hier uitkom?" vra hy.
11• "Maklik," antwoord die dwergie onderwyl hy sy silwerdosie met die poeier uit sy sak haal.
12• Drie maal het hy rondom die binnekant van die heining geloop en die derde maal van die poeier op die dorings gestrooi. Meteens begin die dorings swart word. Hulle kraak asof 'n onsigbare vuur hulle brand. Gou het die laaste een verdwyn en tot as verander en baie maklik was dit om deur 'n kring as te loop. Dadelik is hulle daar weg na die ou heks se spelonk. Sy is nie tuis nie; sy het gaan hout haal daaronder in die vlei en weet niks van die seun, die mannetjie en die ander hond wat nou daar aangekom het nie.
13• Die dwergie, wat al vantevore al baie met die heks deurmekaar was, begin daar rond te soek.
14• "Waarna soek iy?" vra die seun.
15• "Die smeergoed," antwoord die dwergie. Hy gaan na 'n rak en haal twee potjies goed daar af. Dit was gemaak van katoë en muisore. Die een was goed vir blinde diere, die ander vir dowe diere. Hy smeer gou 'n bietjie van die een aan Vérsien se oë en van die ander een aan Vérhoor se ore en fris en gesond spring hulle op. Weer kon hulle net so goed sien en hoor soos vantevore.
16• "Nou moet ons maak dat ons wegkom," sê die dwergie. Maar skaars is hulle by die deur uit of die ou heks kom aan met haar drag hout. Gou steek hulle agter die klippe weg terwyl sy binne gaan.
17• "Waar is die twee honde?" skree sy na haar ou vet swart kat.
18• "Hulle is weg saam met die Dwergie van die Doringbos," sê die kat.
19• Toe sy dit hoor, was die ou heks so kwaad dat die vuurstrale so rondom haar uitslaan.
20• "Maar wag! Hulle hardloop verniet so vinnig. Voor vanaand het ek hulle almal weer!" sê sy en sy gaan eers sit en eet. Net toe sy die eerste mondvol eet, gil sy benoud. Sy voel sy word blind en doof. Sy het van die verkeerde kos geëet! Nou kan sy nie agter die ou mannetjie en die seun aan hardloop nie. Sy sal 'n hele week moet wag totdat haar oë en ore weer reg word, en teen daardie tyd sal hulle te ver weg wees om te vang.
21• Maar Dwergie Doringbos het gesorg dat sy nie nog 'n kans kry om kattekwaad te doen nie. Hy het 'n hand vol dorings vlak voor haar spelonk gegooi. Die dorings het meteens opgeslaan en haar daar in die spelonk vasgekeer. Jaar na jaar het hulle dikker en hoër geword en die spelonk so toegegroei dat tot vandag toe nog niemand daarvan weet nie.