If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Die Oumanpad

as kind al
het jy beleggings gemaak in jou gemoed
dat jou oudag oukei sal wees,
dat jy 'n lekker lang somer sal hê,
opgevolg deur 'n pragtige kleurryke en rustige herfs
gevolg deur 'n skielike winterryp
(want dis mos onvermydelik)
en jou kortstondig plattrek
vir die winterbries om jou liggie mee te neem.

Die oumanspad is soms
'n lang, lang winter wat jou nie wil vergewe of laat gaan nie
of 'n herfs sonder blare en veldbrande
of 'n somer van sweet en droogte
of 'n lente sonder bloeisels en bye
en sommigetjies sien nie eens die lente deur nie,
gekome en gegane sonder herhinneringe, geplante sade

Gee my kierie en pyne terug, ... kom, laat ons aanstap.