If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Die Dagtog

       Spring op, die hele spul.

04h00  Stilletjies sluip ons die stad uit.
       'n Uitstappie vir avontuur -- 6 ure weg.
       'n Reis in sie donker.
       Dis dagbreek.
       Die bruin-vaal heuwels.
       Die ruigdheid neem toe.
       Dis woude -- dik ou bome.
       Sneeuwêreld.
       'n Sneeustorm -- wit paaie.
       Versigtige verkeer.
       Weer son, skoon paaie.
       Dun-regop Aspen woude.
12h00  'n Verkeerde afrit, 'n halfuur ekstra.
       Kaasballetjies en gerookte vis.
       Myle te voet oor die ys.
       Die pragtige ysgrotte!
17h00  Die eina-voet terugloop.
       Eet, petrol, die lang donker terugrit.
       Smekend, martelend moeg.
O1h00  Dankie, ons is veilig tuis
       Dit was lekker.
O1h06  Lekker slaap.

PARAAT

Plotseling,
die werksjaar is verby,
met 'n paar van my laaste take nog
- so ampertjies klaar
en die een tydsgleuf
van gister beweeg
na die verlede van my gedagtes
en môre sê aan my dinge,
wat beteken
dis nie meer môre nie - dis nou.
Die tyd het oorgeslaan.
Dis nog vars en nuut,
maar dié keer het
die besef my in tyd
gevang - sodat ek
gepaslik die voordele
van 'n vroegtydige bewuswording
kan munt.

En dis dié ervaring,
wat my voortaan paraat sal maak op die komende
- en daarvoor is ek dankbaar.