If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Kosmos

Flash is required!

God
voor tyd
het u geskep
en dit was daar –  
eindeloos, groots en klaar.
 
Galaksies en planete
met mane in hul bane.
Ruimte self en tyd,
newels en neutrone –
die skepping uit atome!
 
En Heer, hier by ons te lande  
branders en skulpies op die strande.
Kontinente en die rustelose see –
‘n moeder en haar kind  
wat vrede by u vind.
 
God
u is dit wat voed en klee
u die Een wat hoor en gee.
U  
in majesteit  
heers
in ewigheid.