If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Dolfyn Valentyn

Flash is required!

my Dienkie het vannag
deur-uit gesluip
die diepsee ingevaar
in haar skuit

met verkyker op ’n rots
het ek haar in die verte
sien diepsee duik

met dolfyne opgekom
baljaar getol
om en om en om en om

met haar in boot
het hulle haar met
’n asemrowende vaart
aan wal gestoot
en met speelse geluide
onder ’n vol oop maan
“lief jou” toegewuif

onwetend dat ek haar
geheim vir jare ken

het sy weer eens vannag
met ’n nat dolfynneus
my rug ore geliefkoos
en met dolfyngeluidjies
my tot in my slaap
met haar dolfyne laat swem

DANKIE GOD vir Dienkie
met ’n hart glimlag en oë
soos dié van ’n dolfyn
wat vandag is en altyd
my hart sal wen

my Dienkie
my dolfyn Valentyn