If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Solank

solank lense in oë
onderwerpe onderskei
sal ek uitkyk op lewe
aan noodsaaklike wy
raaksien wat ander
blindelings ontwyk
met geslote ooglede
strompelend aanstryk
 
solank my brein
normaal funksioneer
wil ek ander om my
lesse van die lewe leer
herinner aan diegene
wat soveel minder besit
en op my knieë
nederig vir hulle bid
 
solank stembande
se trillings vibreer
kan ek met lippe
suiwer taal formeer
om daarmee dalk
vertroosting te bied
of net onse Vader
se eie wil laat geskied
 
solank my hande
kan raakvat en tas
moet ek uitreik
na ander gelowiges
wat lewensbus verpas
om brose gedagtes
die wyk te laat neem
en positiewe denke
nie te laat vervreem
 
solank spiere in bene
regte sterk seine kry
gaan ek voortstap
en verlede vermy
dalk die nouste,
swaarste pad probeer
dit alles sal ek doen
tot Sy lof wil en eer