If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Oor en Uit

geen mens wis tyding van eindbestemming
tog het elke hart die koue beklemming
jy weet ek weet dat noodlot ons kan skei
dat ons dalk saam die ewigheid kan ingly
 
as Hy so wil, sal ons ou bene kan maak
voortbeur en kwyt van ons beplande taak
jy weet ek weet dat dit moeilik gaan wees
dat dit soms verg elke greintjie van gees
 
met geloof hoegenaamd niks onmoontlik
en saam ‘n geweldige sterk moontlikheid
jy weet ek weet dat genadige Vader van tyd
presies weet wanneer dit is – oor en uit