If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Dieselfde

Dieselfde saffierblou spieëls
wat hart skitter weerkaats
koggel nou stroewe blik
wanneer vasgevang in strik

Dieselfde titaniese stryd
woed midde warm omhelsing
as arms liefderyk toevou
in hitte en kalmte van onthou

Dieselfde strelende kus
en lippe wat liefde prewel
rus sagkens op ooglid
wapper twyfel weg met wind

Dieselfde harte tot een gesweer
soos liefde bo haat triomfeer
waggel skugter glimlag
druk diep duidelike stempel

op blink toekoms wat wag