If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



My Sarie Marais

Flash is required!

My Sarie Marais is so ver van my hart,
Maar'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooi Rivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier.

Chorus:
O bring my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon.
Daar onder in die mielies
By die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais.
My Sarie Marais is so far from my heart,
but I hope to see her again.
She lived near the Mooi River
before this war began.

I was so scared the Khaki's would catch me
And send me far across the sea;
I then fled to the side of Upington's sands
Down under by the Great River.

Chorus
O take me back to the old Transvaal
there where my Sarie lives,
Down among the maize fields near the green thorn tree,
there lives my Sarie Marais.

The Story behind the Song

(from: http://groups.google.fr/group/soc.culture.south-africa.afrikaans/browse_thread/thread/f50918154582c377)

How was Sara Maré's name linked to the famous song Sarie Marais? Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a book 'The Cavendish Song Album'. When Ella de Wet, wife of General Louis Botha's military attaché N.J.de Wet came to the battle front to see her husband she often played on the piano while the nearby burghers sang songs from the album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:

The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Maré (which only recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers wanted to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories around the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie
Maré:

Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.
My Sarie Marais is so ver van mij af
Ek hoop haar weer te sien
Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
O bring my terug na die ou Transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais

The song Sarie Marais has been translated into many languages including French, Italian and Russian.

"Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom) The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7 Investigations editor Tony Oosthuize.

Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the Natal Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered the grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.

According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province, South Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met him in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year long trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm. She died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was buried near the old homestead. Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome," says Welgegund's owner Gert von Beneke. (Ek ken hom hy stel net belang in polosport.)  From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km.  Turn left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the driveway opposite the farm of C.W. Robertson also called Welgegund.

2) SARIE MARAIS en die dossier -- In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na ' n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor die legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te skryf.

Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net met die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want: 'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is die skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel; Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê daar is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het nie.

In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante dossier raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou dokumente en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van Bergvliet versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.

Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad, Jan Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul boeke kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan die oplossing nie.

Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder die openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in Bloemfontein by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev. Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man, J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as Jepete, die skrywer van die woorde is.

Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig eers aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter later daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.

Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer het dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan "so bang dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)

Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê, "ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná 'n hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere inligting by sy groot dossier voeg nie.

Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.

Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is
waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder se dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan nie een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd gevoel het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.

Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat haar vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy het ook ander gedigte daarin gesien. Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde van Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die oorspronklike kopie.

Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat Sarie Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander gediggies wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie, Martha Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.

Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie oor sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word nie, behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n gedig gesien het.

"Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks dat sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie."

Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie. "Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig wou sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.

Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan boekdele vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe, wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.

Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit te publiseer.

Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se kommando in die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die burgers onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval gevind het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.

'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die Boere vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het die woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan, sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee, soos saamgestel deur Ella de Wet.

En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis 'n ooreenkoms.

Ellie Rhee lui so:
Sweet Ellie Rhee so dear to me,
Is lost forever more;
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war

KOOR:
Then carry me back to Tennessee,
Back where I long to be;
Among the fields of yellow corn;
To my darling Ellie Rhee.

Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:
My Sarie Maré is so ver van my hart,
Om haar nooit weer te sien,
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Voordat die oorlog begin.


KOOR:
O neem my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Maré.

Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.