If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Link / Skakel

www.annadavel.com

Biografie

Anna Davel het reeds 6 albums die lig laat sien en is die afgelope 15 jaar voltyds musikant. Sy het haar Diploma in Ligte musiek/Jazz voltooi aan die Pretoria Technikon in 1998 en was in 1997 die Algehele wenner van die ATKV se Nasionale sang kompetisie Crescendo. Later die jaar sluit sy aan by die gewilde A capella groep Cutt Glas en tree vir 6 jaar op saam met hulle. In die tyd het hulle 3 albums vrygestel en die wêreld vol getoer na o.a. Portugal, Finland, London, China en België. Aan die einde van 2003 verlaat sy die groep om te fokus op haar solo loopbaan wat sedertdien tot opwindende hoogtepunte gely het!

Tans tree sy op in Afri-Frans saam met die Franse Sangeres Myra Maud in die rolverdeling, asook Laurika Rauch, Anna-Mart van der Merwe en Mathys Roets. Hierdie produksie het landwyd gespeel vir uitverkoopte sale en is gebaseer op die treffer-album Afri-Frans, wat in slegs ‘n paar maande platinum status bereik het. Bekende Afrikaanse liedjies soos Blouberg se strand, Gebed, Lisa se klavier etc. is oorvertaal in Frans, en het die verbeelding van Suid-Afrikaners oornag aangegryp en dadelik ‘n topverkoper geword.

Anna speel ook in twee films in 2010. ‘n Cameo rol in die Afrikaanse musiekblyspel Liefling- Die Movie, waarin sy Ek kyk graag so diep in jou oë saam met Kurt Darren sing. Sy vertolk ook die rol van Amanda in die langverwagte Franz Marx Film ‘Die verhaal van Susannah van Biljon’ teenoor o.a. Karen Zoid, David Reese, Wilna Snyman, Sharleen Surtie-Richards en Louis van Niekerk.

2009 ALBUM VRYSTELLING

Haar sesde CD, Linger Longer word beloon met ‘n SAMA benoeming as een van slegs 5 CD’s vir Beste Jazz album van die jaar saam met internasionaal erkende kunstenaars soos Tutu Puaono - jazz swing musiek van die vorige eeu soos voorheen gesing deur Dean Martin, Frank Sinatra, Nat King Cole etc., en die cd bevat liedjies soos Can’t take that away from me, Bewitched, Bothered and Bewildered, Smile, Somewhere over the Rainbow en Beyond the Sea. Hierdie cd vestig Anna as ʼn ‘Jazz crooner of note’, in ‘n styl wat haar na aan die hart lê.

2007 ALBUM VRYSTELLING

Haar vyfde album Raaisels, skepe & 1000 drome is in 2007 vrygestel saam met die debuut van die splinternuwe show wat landwyd getoer het. Resensies beklemtoon die eerlikheid van Anna se oorspronklike komposisies, haar warm stemkwaliteit asook die uitstaande gehalte van die musikale verwerkings.

Toekenning vir haar derde album - Godinne op die grondpad;

2006 SAMA Wenner! - Beste album: Afrikaans Kontemporêr.  

Hierdie album het die mees gesogde prys in Afrikaanse musiek gewen; die SAMA vir Beste Afrikaanse kontemporêre Album. Teenoor haar was slegs 4 ander kunstenaars genomineer; nl. Karen Zoid, Theuns Jordaan, Lize Beekman en Chris Chameleon. Wat die toekenning meer uitsonderlik maak is dat sy die album onafhanklik vrygestel het en al die musiek self geskryf het.

Haar 2de album Gypsy is vir nie minder nie as 8 toekennings benoem!

2004 SAMA

Beste kontemporêre album: Afrikaans

2003 SABC 2 GMT Awards
   Album van die jaar
   Beste kontemporêre album
   Beste Klankingenieur
   Beste vervaardiger
   Beste liedjieskrywer
   Beste omslag ontwerp
   Beste vroulike sanger

Haar eerste  solo-album Te Diep is op eie stoom vrygestel  in 2000: Dit is deur Beeld se jaarlikse terugskou op die musiektoneel uitgesonder as een van die top vrystellings van die jaar en is vir 3 pryse genomineer;

2001 SAMA (South African Music Awards):
   Beste kontemporêre album: Afrikaans

2001 SABC 2 GMT Awards:
   Beste Rock Album
   Beste kontemporêre album

ANDER TOEKENNINGS EN NOMINASIES

ʼn  Kanna toekenning vir Dagboek van ‘n Swerwer - waarin Anna teenoor Jannie du Toit speel. Dit volg na ‘n FNB Vita toekenning as Beste nuwe akteur/aktriese 2002 vir  die voorloper teaterproduksie 'Skadu's teen die Muur'. Uittreksels uit hierdie produksie is saam met Jannie du Toit en Christa Steyn in Oktober 2002 in België opgevoer.

Sy is in 2008 vir ‘n VMT Vonk Musiek Toekenning benoem as Beste Vroulike Kunstenaar saam met Juanita du Plessis, Lianie May, Amanda Strydom en Sarah Theron.                                      

PRODUKSIES

·         Televisie verskynings sluit in Top Billing, Live with Nataniël, Pasella, Draadloos, Geraas, Pitstop, Morning Live, Gons, Hoenner, 7de Laan, Stoom, Dis hoe dit is met Steve, DKNT en Kwêla. Anna haar debuut as aktrise gemaak en groot opskuddings veroorsaak as die wulpse Anke in Egoli. Sy was ook saam met Chris Cameleon, Gloria Bosman en Zwai Bala gaskunstenaar tydens die 1000ste Episode Bal feesviering van 7de Laan, SABC2 se gunsteling sepie. Die Bal is gesien deur meer as 1,6 miljoen kykers.

·         Radio - Anna se musiek word landwyd gespeel op o.a. Classic FM, Radio 2000, RSG, Radio Algoa, Oosrand Stereo, Laeveld stereo, Radio Rosestad, Radio Helderberg, Overvaal Stereo, IFM. Sy spog met ʼn nommer 4 treffer op OFM se Global Charts (Teen die einde van die Aand), uitsonderlik vir ʼn plaaslike kunstenaar.

·         Sy het sedert 1997 reeds 12 musiekproduksies vervaardig vir kunstefeeste en teaters o.a.: Te Diep, Pers, Moegewroeg, Slaapdans, Die Kleur van Klank, Gypsy, Ashes, Godinne op die Grondpad, Linger, Raaisels, Skepe & 1000 drome, Linger longer en Bon Appetit. Een van haar gewildste produksies Boheem! is geskryf deur die bekroonde Jaci de Villiers en is saamgestel uit eksotiese Europese musiek.

·         In 2002 tree sy op in die treffer produksie Al daai jazz by die KKNK, saam met Amanda Strydom, Mynie Grove, Gloria Bosman, Karen Zoid e.a. Hierdie produksie word landwyd gesien.

·         Anna speel vir die eerste keer in 2004 musikale regisseur in   Ma’Divine, ʼn produksie waarin sy ook opgetree het saam met Trix Pienaar, Elzabe Zietsman, Sarah Theron en Natalia da Rocha. Hulle het staande ovasies ontvang tydens die Woordfees in Stellenbosch.

·         In 2004 vervaardig sy die vuurwarm Ashes, ʼn Latyns-Amerikaanse musiekvertoning, geskryf deur Nataniël en onder regie van Sandra Prinsloo.

·         Sy het in 2004 die musiek geskryf vir View op die Highway, ʼn musiekteater stuk met Alexa Strachan en Roelof Colyn. In 2005 skryf sy die musiek vir die loket treffer komedie Haar, Hare wat vir vol huise gespeel het tydens Aardklop Nasionale kunstefees.

·         In 2005 speel sy vir sowat 3000 mense in Nagkantoor, ʼn drama/musiek tribuut aan Koos du Plessis. saam met Matthys Roets, Jannie du Toit e.a. in die Big Top Arena, Carnival City.

·         In 2006 word Anna uitgenooi na die Kanasie fees in Canmore, Alberta in Kanada  saam met kunstenaars soos Thandi en Lorainne Klassen, Randall Wicomb en Karen Zoid. In Maart 2007 tree sy vir ʼn tweede keer op in Londen.

Sy was verantwoordelik vir die skryf en vervaardig van die gewilde make-over televisie reeks, FACE 2 FACE op SABC2 se temamusiek in 2004. Dit is gesing deur die fenomenale Jennifer Jones. Anna se musiek is sedert 1992 opgeneem op albums van  o.a. Elzabe Zietsman, Carike Keuzenkamp, die Zing! wenners Johnny en Vivian, Jannie du Toit, Christa Steyn, Snotkop, Jolette Odendaal en Herman van den Berg.

Biography

Singer, songwriter and performer Anna Davel, obtained her Diploma in Light Music / Jazz at the Tshwane University of Technology in 1998. In 1997 she became the overall winner of the annual ATKV Crescendo competition. Her winning song firmly put her on the map as a songwriter and performer.

Later that same year, she joined the popular female A Capella group, Cutt Glas, and remained a member until the end of 2003.  Cutt Glas toured throughout South Africa and performed abroad in countries such as the UK, Portugal, Finland, China and Belgium. During her time with the group, they released three CD's.

She then decided to go solo in 2003 and exciting things have been happening ever since! In 2006 her album was awarded the prestigious SAMA for Best Adult contemporary album - Afrikaans. In 2008 she was nominated along with only 5 top SA ladies as Best Female Vocalist during the prestige VMT music Awards ceremony at Emperor’s Palace. 

2010 PROJECTS

This is also the year in which South Africa revives itself as country that produces local movies, in which Anna stars in two of the most awaited feature films. Liefling - die Movie (the first Afrikaans musical movie en decades). She will be co-starring and singing a duet with Kurt Darren, the leading-selling male singer in the Afrikaans market. The second role is as Amanda in Franz Marx’s new movie release ‘Die verhaal van Susannah van Biljon, with a phenominal cast a.o. Sharleen Surtie-Ricards, Karen Zoid, Wilna Snyman and David Reese.
The Afri-Frans production captured the hearts of South Africans and a live show was lauched in April 2010. This production played to sold-out houses throughout South Africa and is based on the Platinum record with the same title. Anna shared the stage with artists like Laurika Rauch, Anna-Mart van der Merwe, Mathys Roets and the phenominal French Songstress MyraMaud. The show will continue to tour throughout 2010 and 2011.

2009 ALBUM RELEASE

‘Linger Longer’  released in May 2009 and nominated for a SAMA award for Best traditional Jazz Album 2010 along with world renown singers such as Tutu Puoano: a Swing album (her 6thCD) featuring the evergreen jazz favourites of timeless artists such as Frank Sinatra, Nat King Cole, Dean Martin and many more. This album received very positive reviews from leading print media (Rapport, Die Beeld, Sarie, Rooi Rose, Pretoria News, Die Burger) and it showcases the music of the big band era in a way that is so suited to Anna’s smoky jazzy style and also includes some steamy latino rhythms, swinging bossa novas and some moving ballades. Anna regularly performs Jazz standards at corporate functions alongside top SA musicians (Timothy Moloi, Denny Lalouette, Brendan Ross, Mauritz Lotz, David Klassen, Matthys Maree) and her easy and soothing vocal style has resulted in this repertoire constantly being adapted to suit various stylish.

2007 ALBUM RELEASE

Raaisels, skepe en 1000 drome’ (2007) Anna’s 5th album once again released independently with 13 Brand new original songs composed and sung by Anna. A countrywide tour ensure that fans all over the country could hear this production live at all major festivals and intimate theatres. Positive reviews highlighted Anna’s heartfelt and honest compositions and the textured musical production of this album.

2006 ALBUMS

Anna's contined contribution to the South African music industry was rewarded when her 3rd album Godinne op die Grondpad won the prestigious SAMA award in 2006 as winner of Best Adult Contemporary Album: Afrikaans. It is the most highly acclaimed Music Award in SA music and quite an achievement as the album was released independently and all music and lyrics were written by Anna. She once again, as with her previous 2 solo albums, was the executive producer of this project.

PRODUCTIONS

Anna has produced ten stage productions for arts festivals and theatres since 1997.

• She was invited to perform in Canada during the 2006 annual South African Festival in Canmore, Alberta along with Thandi Klassen and Karen Zoid.

• March 2007 Anna was invited to perform in London together with producer Matthys Maree.

• She produced and performed in the production “Ashes”, a Latin American one-woman cabaret with the script written by Nataniël and directed by Sandra Prinsloo. This production played to audiences at the KKNK festival, Innibos Festival in Nelspruit as well as in Bloemfontein and Gauteng.

• One of her most popular production Boheem! together with the all-female string group Zamar performed to standing ovations. Written and directed by Jaci de Villiers they played a selection of exotic European songs at The Wordiest in Stellenbosch, Cultivaria Festival in Paarl, Aardklop Festival in North-West, Innibos festival in Nelspruit and the magical Paul Cluver Amphi-theatre.

• She performed with Gloria Bosman, Zwai Bala and Chris Chameleon as guest artist at the 1000th episode Ball of 7deLaan – SABC2’s top soapier This performance was broadcast in prime time on a Saturday night at 20:00 in a one and a half hour viewing extravaganza. (1.6 million viewers)

• One of the tracks, Teen die einde van die Aand, shot up to number 4 on OFM’s Global Charts, exceptional for a local artist.

• Recently Anna made her acting debut and created havoc in Egoli playing the wild and voluptuous Anke.

• She is currently performing in Dagboek van ‘n swerwer opening at the Innibos festival ‘07, directed by Jaci de Villiers. This production was nominated for best Music theatre production 2008 at the KKNK.

•  Productions created by Anna for various theatres and festivals includes Moegewroeg, Te Diep, Slaapdans, Pers, Die Kleur van Klank, Gypsy, Ashes, Godinne op die Grondpad and Linger, Boulevard of Dreams, Boheem!, Raaisels, Bon Appetit!, Skepe & 1000 Drome and Linger Longer.

•  Anna was the musical director of “Ma’Divine”, a production in which she also performed alongside Elzabe Zietsman, Sarah Theron, Trix Pienaar and Natalia da Rocha.

• She received a FNB Vita Award 2002 for Best Performance by a new actress for her role in Skadu's teen die Muur.  This production toured in Belgium during the South African Culture week.

• In 2004 she collaborated with producer Alexa Strachan to write music for View on the Highway, a music theatre production as well as the blockbuster comedy Haar, Hare which played to full houses at the Aardklop National Arts Festival ‘06.

• She was one of the guest artist of Al daai Jazz - a production that premiered at the KKNK in 2002 and featured artists such as Gloria Bosman, Lize Beekman, Karen Zoid, Amanda Strydom and Mynie Grové.

• She composed the theme music for the popular television makeover series, Face 2 Face, which was screened on SABC 2 during 2004. It was sung by the phenomenal Jennifer Jones.

• She performed in front of 3000 people in the Big Top Arena in Nagkantoor, together with Charlene Truter (Pasella), Mathys Roets, Jannie du Toit and others.

• Anna is currently performing in 3 self-produced solo shows – Boulevard of Dreams (a French production), Bon Appétit (A decadent Foodie cabaret) and Linger Longer (The Stage production of her latest CD).

TELEVISION APPEARANCES

Television appearances include Egoli, Top Billing, Live with Nataniël, Pasella, Draadloos, Geraas, Gons, 7de Laan, Stoom, Hoenner, Dis hoe dit is met Steve, Kwêla, Fiesta, Jou show met Emo, Jukebox, Noot vir Noot and DKNT.

RADIO

Radio - Anna’s songs are play listed on Classic FM, Radio 2000, RSG, OFM, Radio Algoa, East Rand Stereo, Overvaal Stereo, Rippel FM, Lowveld stereo, Jacaranda FM’s Afrikaans weekend, Radio Rosestad, Radio Helderberg, IFM, Fine Music Radio, a.o.

PREVIOUS ALBUMS

Her first solo album Te Diep was released in 2000. The daily newspaper Beeld, referred to it as one of the top local music releases of the year.

It was nominated for 3 awards:
               
2001 SAMA (South Africa Music Awards):
      Best Album – Contemporary Afrikaans 2001

2001 SABC 2 GMT Awards:    
      Best Rock Album
      Best Contemporary Album

Her 2nd Album, Gypsy followed in 2002.  Once again her new music made a huge impact and Gypsy was nominated for no less than 8 awards!

2004 SAMA
    Best album- Contemporary Afrikaans

2003 SABC 2 GMT Awards
    Best Contemporary Album
    Best Producer
    Best Engineer
    Best Songwriter
    Album of the year
    Best Cover design
    Best solo performer

Godinne op die grondpad, released 2005

2006 SAMA Winner!
    Best Album – Contemporary Afrikaans 2001

For more information: info@annadavel.com

Videos

Flash is required!