If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Hoe om dood te gaan

Reisigers en toeriste gaan heen.
Jagters gaan koue bokkeveld toe.
Die melkman en die posman kom om.
Die sjef en die kok steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die bergklimmer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer beland onder die kluite.
Die boemelaar is ontslape.
Die bankier het die tydelike met die ewige verwissel.
Die taxibestuurder is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die skoolhoof het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die atleet kom tot rus.
... en my skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.