If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Goeie Grond

Dit is maklik en lekker om self kompos vir die tuin te maak as jy weet waarmee jy werk. Ons het vir Gertjan Vahrmeijer, ‘n tuinboukundige1,  oor die proses uitgevra. 1=horticulture expert
Watter voordele2  hou kompos vir my in? 2=advantages
• Kompos bevat noodsaaklike voedingstowwe3 wat plante kan opneem om hoër planteopbrengs4  te lewer en die behoefte5  aan chemiese bemestingstowwe6  te verminder of te neutraliseer.
• Dit herstel en verbeter besoedelde grond en vergroot die wortelstruktuur van plante wat grond-erosie bekamp.
• Dit is vry van besoedeling7,  stoor minerale en absorbeer en vernietig onstabiele organiese materiaal in die lug. Dit verwyder olie, ghries en vaste stowwe soos swaar metale, uit water.
• Kompos onderdruk peste en plantsiektes.
• Organies-gekweekte groente en vrugte het ʼn langer raklewe8  as chemies-bemeste groente en vrugte.
• Die produksie van kompos verbruik nie naastenby soveel energie as die vervaardiging van chemiese bemesting9  nie. Is dit moeilik om kompos te maak? Nee glad nie. Dooie, organiese materiaal vrot. Dis al wat jy hoef te weet om kompos te maak. Moeder natuur maak self die kompos, maar ons kan dit aanhelp deur die werkers te versorg en die materiaal wat afgebreek word, te beheer.
3=feeding substances
4=plant yield
5=need
6=composting substances
7=pollution
8=shelf life
9=composting
Wat het ek nodig om te begin kompos maak? .
• Sowat 1 m x 1 m x 1 m is groot genoeg vir ‘n doeltreffende10  komposhoop. Gebruik tuisgemaakte strukture soos permanente of losstaande houers om alles bymekaar te hou, maar maak seker daar is goeie ventilasie en dat jy plek het om die materiaal gemaklik om te draai. ‘n Mens kan ook ‘n komposhouer koop.
• ‘n Graaf, hark, sif, gaffel en snoeiskêr.
• Bruin en groen tuinafval en water.
• Organismes wat die proses aan die gang sit. As jy wonder of daar genoeg organismes is om die werk te begin, kan jy ‘n beginnerspakkie aankoop, maar ‘n graafvol gesonde tuingrond behoort meer as genoeg organismes te bevat.
Na raming11  bevat een gram gesonde produktiewe grond of kompos ongeveer duisendmiljoen mikro-organismes. Mikro-organismes is die werkers in die afbreekproses, en kom natuurlik in alle organiese materiaal voor12.
Daar is twee afbreekprosesse, naamlik aerobies (suurstof is teenwoordig) en anaerobies (suurstof is afwesig). Daar is ook ander metodes, soos erdwurm kompostering.
Sorg vir die werkers.
10=effective (goal hitting)
11=estimation
12=occurs (kom voor)
Die behoeftes van die werkers (mikro-organismes) in die komposhoop: .
1. Die regte kos.
Die belangrikste behoeftes van die werkers vir optimale kompostering is ‘n gunstige verhouding tussen koolstof (voedsel) en stikstof13 (nodig vir voortplanting en ontbinding). Bruin tuinafval soos takke en herfsblare is ryk aan koolstof, en sagte groen materiaal is weer ryk aan stikstof. Tydens die afbreekproses, word koolstof en stikstof as hoofbronne ingeneem en water, koolsuurgas en hitte word afgegee. Die ideale koolstof/stikstofverhouding is 30:1, maar deur jou tuinafval 50/50 bruin en groen te meng, is die verhouding baie na aan reg.
2. Die regte hoeveelheid water.
Die mikro-organismes leef almal in die dun voglagie14  aan die oppervlakte van die materiaal wat ontbind word. Die regte hoeveelheid vog in jou kompos is soos dié van ʼn uitgedrukte spons.
Te veel water sny die suurstoftoevoer na die mikro-organismes af en dit vrek, waarna die anaerobiese organismes oorneem. Die gasse wat hierdie organismes afgee, ruik soos vrot eier. Onthou dat hierdie proses hitte afgee wat die water laat verdamp en die hoop laat uitdroog.
3. Suurstof.
Belugting van die proses is uiters belangrik. Indien die koolstofstikstof- verhouding reg is, en die voggehalte is goed, vermeerder die mikro-organismes vinnig en gebruik gou al die suurstof in die hoop op. Wanneer dit gebeur, gaan die werkers dood en die afbreekproses verlangsaam, en anaerobiese toestande mag ontstaan.
Belug die komposhoop goed. Draai die hoop gereeld om. Plaas groot en growwe materiaal en/of geperforeerde pype onder die hoop om goeie ventilasie te verseker.
4. Temperatuur.
Tydens die komposteringsproses word hitte gegenereer. Meet die temperatuur in jou komposhoop om uit te vind wat daarbinne aangaan. Die eerste fase van die afbreekproses vind plaas in onder 10°C, waarna dit vinnig styg tot ongeveer 40°C. Die moeilik afbreekbare materiaal word vanaf 40°C tot ‘n maksimum van 65°C afgebreek. Hoë temperatuur vernietig die patogene (organismes wat lewende selle aanval) en plantsade. Soos wat die kosvoorraad verminder, verlaag die temperatuur en die aktiwiteit in die komposhoop neem af.
Tydens die verouderingsfase15  (40°C en laer) vertraag die afbreekproses totdat die temperatuur konstant bly. Hierdie fase duur sowat twee tot drie maande.
5. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.
Deur die komposhoop met kleiner stukke materiaal te voer, vergroot jy die oppervlakspasie en kan die organismes na hartelus16  vermeerder. Hoe weet ek wanneer die kompos gereed is vir gebruik?
Sodra die temperatuur stabiel is en die materiaal onherkenbaar is, vat dit nog twee tot drie maande vir die verouderingsproses om te voltooi. Wat kan ek alles op die komposhoop gooi?
Byna alle organiese materiaal is geskik:
• Blare; grondboontjiedoppe17;  teeblare en teesakkies; groente en vrugteskille; fygedrukte eierdoppe; wit of swart papier; grassnysels mits18  dit reeds effens droog is of met genoeg droë bruin materiaal gemeng is; en klein hoeveelhede fyngekapte dennenaalde (te veel hiervan maak die kompos suur). Vermy die volgende
• Landboukalk (dit stuit die afbreekproses); glans-en kleurpapier (dit bevat swaar metale); afvalprodukte van vleis, vis en suiwel stink en lok vlieë en knaagdiere; troeteldieruitskeiding kan skadelike kieme, parasiete en bakterieë bevat en lok ook insekte.
13=nitrogen
14=vapor layer
15=aging phase
16=heart's desire
17=peanut shells
18=only if

Gertjan Vahrmeijer is al vir vyftig jaar ‘n tuinboukundige19.  Hy was onder andere Hoof Tuinboukundige in die staatsdiens en het tuinboukunde aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie doseer. Kompostering is sy spesialiteitsrigting en hy is tans besig om dit as ‘n afsonderlike vakgebied20  te ontwikkel21.


19=horticultural
20=subject area
21=develop
.
.
Herdruk met vergunning. Oorspronklik het die artikel verskyn in "Sonder Seëls" Januarie 2013 Uitgawe 15, Jaar 4 .
.