If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Die Heks se Kat

1• Vérhoor het aandagtig geluister na alles wat sy baas sê en toe vir die ander twee gaan vertel wat hulle moet doen.
2• Meteens is hulle weg om die ou heks te soek. Binne 'n uur kry hulle haar in die spelonk waar sy woon. Sy is besig om konfyt te kook van paddas se oë.
3• Stilletjies kruip die honde in. Die kat gewaar hulle eerste en sy skree. Daarna skree die mak uil en die ou reus-padda begin ook te raas. Die ou heks kyk om en skrik haar byna lam vir die drie groot wolfhonde wat nou by haar is. Voordat sy 'n plan kon maak, spring Vérsien na die kat, gryp haar aan die stert en trek 'n haartjie uit. Die kat skree en begin wild rond te hardloop.
4• Vérhoor kry glad nie kans om naby haar te kom nie. Sy spring bo oor die heks se kop en val neer vlak voor Fynruik, wat sy kans waarneem en gou nog 'n haartjie uitpluk.
5• Maar Vérhoor kry swaar, want nou hardloop hy agter die kat aan, terwyl die heks agter hom aan hardloop. Fynruik kry gou 'n plan. Hy kruip in 'n hoekie en begin skree net soos 'n muis. Die kat hoor dit en bly doodstil staan om te luister en toe spring Vérhoor na haar en gryp ook na die stert vir 'n haartjie. Gou het hy dit, en gou is die drie honde weg met die ou heks agterna. 'n Lang ent het sy hulle gevolg, maar sulke vinnige honde kon sy darem nie vang nie. Kwaad-kwaad draai sy om en loop weer terug na haar spelonk.
6• "Ek sal hulle nog kry omdat hulle my kat so sleg behandel het," brom sy.
7• Tot by die berg hardloop die honde. Hier sit hulle baas nog al die tyd opgesluit en wag op hulle. Ongelukkig het Vérhoor sy kathaartjie verloor, maar Vérsien kyk net so 'n bietjie om en daar sien hy dit lê drie myl ver agter hulle. Gou gaan Fynruik dit haal onderwyl Vérhoor nog al die tyd met sy baas in die glasspelonk gesels.
8• "Grawe 'n gat aan die voet van die berg totdat julle by die plek kom waar die towernaar verdwyn het. Kruip saggies nader en raak aan hom met een van die kat se haartiies. Daarna sal hy aan die slaap val; grawe dan 'n tonnel deur tot hier in die spelonk waar ek sit en bewaar tog die ander twee haartjies goed; ons sal hulle nog baie nodig kry."
9• Die honde het begin grawe en alles gedoen wat die seun gesê het. Die towernaar is aan die slaap en nou is hulle in die spelonk by hul baas, Gou het hulle met die kat se haartjies getoor en die glasmure laat wegsmelt en toe is die seun en die honde terug deur die tonnel en buite in die vrye, ope lug aan die voet van die berg. Skaars was hulle uit of die tonnel val toe en daar is die ou towernaar toe opgesluit in die berg, en daar sit hy tot vandag toe nog! Soms hoor die mense nog hoe dreun dit daar in die berg en dan weet hulle die ou is wakker maar kan nie uitkom nie.
10• Die ou heks was al die tyd nog baie kwaad oor haar kat se stert. Sy het huis-toe gegaan en 'n klomp lekker kos bymekaar gemaak om die honde na die spelonk mee te lok.
11• "Ek sal hulle lekker vang en in die bakoond steek om te versmoor," sê sy en sit af dorp-toe om die honde te gaan soek. Op pad sien sy die honde ja agter 'n haas in die veld. Sy steek agter 'n groot miershoop weg, en fluit en roep, maar die honde neem niks notiesie van haar nie, want daar sit hulle baas vas aan die slaap teen 'n doringboomstam 'n entjie daarvandaan.
12• "A, nou het ek my kans!" sê die ou vrou, en sy haal 'n klein rooi sakkie vol dorings uit haar sak. Saggies kruip sy in 'n groot kring rondom die seun, en so ver as sy kruip, gooi sy die dorings. Skielik skiet daar 'n groot dik heining van dorings op. Toe die seun wakker word, is hy omring deur 'n doringheining so hoog en skerp dat geen dier of mens daardeur of oor kon gaan nie.
13• Hy merk sy honde is nêrens te sien nie. Hy fluit tot drie maal toe, maar die honde kom nie uit nie.
14• "O liewe tyd, die nare ou heks het my honde! Wat op aarde gaan ek sonder hulle doen?" en hy sug, want sonder die drie getroue honde is hy verlore.
15• Sy het twee van die honde tot by haar spelonk gelok en daar kos gegee. Skaars het hulle die kos geëet of alles rondom hulle word dof. Vérsien, wat altyd so goed kon sien, kan nou nie eens die ou heks 'n paar tree weg van hom af sien nie — hy is half blind. Vérhoor het ook van die kos geëet, en hy is nou so doof dat hy nie eens sy maat langs hom kan hoor blaf nie. Hulle voel lam en moeg en gou is altwee vas aan die slaap in die ou heks se spelonk.
16• Intussen het Fynruik nog altyd agter die haas aan geja. Die haas is nou amper flou en hardloop reguit na die doringheining en glip daarin, terwyl Fynruik daar staan en blaf.
17• Die seun hoor hom van binne en roep: "Fynruik! Waar is die ander twee?" Toe gewaar die hond eers dat sy twee maters weg is.
18• "Gaan soek hulle en kom vertel my wat van hulle geword het."
19• Fynruik vat gou die spoor tot by die spelonk, en daar sien hy die twee lê vas aan die slaap, Hy kom terug en vertel dit aan sy baas.
20• "Ons moet hulle daar weg kry uit haar kloue, maar eers moet ek hier uit. Hardloop rondom die heining en kyk of daar 'n opening is waar ek kan uitkruip."
21• Fynruik het twee maal om gehardloop, en toe hy die derde maal hardloop, sien hy 'n gat in die grond. Hy kruip daarin en kom in 'n lang donker gangetjie met 'n stukkende houtdeurtjie aan die end.
22• Hy loer deur die skrefies en sien 'n kamer-tjie daar binne. In die middel sit 'n klein
23• mannetjie van omtrent twaalf duim lang. Hy is besig om 'n swart drievoetpotjie uit te krap met 'n groot houtlepel wat hy so nou en dan aflek, en dan sing hy weer met 'n vrolike stemmetjie :
24•     Ek is Dwergie Doringbos.
25•     Saans en soggens kook ek kos.
26•     As die heks vir jou wil vang,
27•     Kom na my, dan word sy bang!