If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Biografie

Ek is op die plaas Hillmoor, in die Steynsburg distrik, Ooskaap, Suid Afrika gebore aan ‘n baie arm plaas arbeiders familie. My oupa grootjie (Bentley) emigreer vanaf Engeland na Suid Afrika, en trou met ‘n Koisan vrou. Oupa Nicholas Bentley is toe gebore, en trou ook met ‘n Koisan vrou ouma Ennie Geduld van Hanover. Pa (Boetman) William Richard Bentley is toe gebore en trou met Hendrina Blom van Venterstad.
My pa, (Boetman) William Richard Bentley, was ‘n baie intilligente persoon in Landbou spesifiek dierekunde en Godsdiens. Hy kon,
Skryf met geen skool agtergrond.
Lees deur God se wil.
Drie tale bemagtig met Engels ingesluit.
Beeste leer in die kraal.
Boer met diere.
Briljant met syfers.
Honde leer.
Inpas by alle kulture.
Sy  kinders leer.
Katkisante leer.
Mense bemoedig.
Mense leer.
Ouderling in die kerk.
Perde beslaan, leer vir die skou.
Plaas bestuur.
Plant met die maan se fase.
Skaap en wol beoordeelaar.
Vee-aarts wees.
In my jeug het ek saam met my pa talle Lanbou skoue bygewoon. Die plaas arbeiders kon hul eie diere aanhou en eie landerye bewerk.
Die grootste hiervan was die diere en hul houdings, en baie ondervinding is hier opgedoen met die boer, hantering en grootmaak van diere.
Op die plaas Hillmoor was ‘n Laërskool en het onder onderwysers studeer, soos Owen Santi en Jan Mc Master. Hier waar die lat ‘n groot invloed gehad het met baie se skool loop bane. Hier was ook baie klem gelê op voordrag en risitasies. Dis waar seker die liefde inkom vir poësie.
Vroeg in die môre lynstaan.
‘n Aksievolle lynstaan.
Staan jy skeef kry jy pak.
Kom jy laat die lat breuk op jou.

Elke dag in die lynstaan.
Inspeksie van kop tot toon.
Voldoen jy nie in die lynstaan.
Die donderweer blits op jou.

Maandag in die lynstaan.
Sondagskool misgeloop.
Die lat dreun op jou.

Einde van die maand lynstaan.
My meester het mos gepay.
Nou lê daar werk.

Elke dag in die klas,
word ek gedril,
my toekoms in.
Hier  waar die lynstane
my toekoms bepaal het
is ek nie spyt.

Hier waar die lat
my sukses in geslaan het
is ek nie spyt.

Al wat ek vandag kan sê:
Meester hoekom het jy my nie meer geslaan?
Dan was ek miskien vandag in die parlement.

Meester ‘n werk welgedaan.

Groetnis meester
 Ruben Bentley
Ooskaap
Ek het al van 'n jong ouderdom af poësie gelees, gekritiseer en vanuit geleer. Ek het in 1965 my eerste voordrag gelees op die Hoërskool Bellville-Suid, daar was toe heelwat klem gelê en vas gelê op band die uitspraak, aksent en manier van praat.
Dit is hier wat die gedig hieronder alles verduidelik. Ongelukkig het die armoede en apartheid my gepooitjie en kon nie Universiteit bereik nie maar was verplig om te gaan werk.  
Januarie negentien vyf en sestig,
kom ek op die Hoërskool Bellville-Suid.
Met my plattelandse aksent
wat ek nie sal verruil vir ‘n sent.

Kom ek met my standard vyf report,
om opgeneem te word.
Word ek aanvaar met my report.

Toe aanvaar maar het nie die drag.
Laat weet ek huis toe ek is aanvaar,
maar ek het nie die drag.

Kom die brief daar is nie geld.
Sit ek en dink.
Hoe mooi sal ek wees.
In ‘n vaal broek van die skool.
In ‘n baaitjie van die skool.
In ‘n das van die skool.
Die skoolhoof Mnr. Braam kondig aan
die skooldrag is verkruigbaar.

Kom ek by familie vir hulp,
dan is daar nie.

Elke dag na skool soek ek werk.
Een Vrydag middag na skool
gaan ek Checkers in Bellville binne.
Soek ek die bestuurder,
verduidelik ek my situasie.
Word ek aanvaar
om te werk Vrydae na skool.
Saterdae winkelure.

So het ek my skooldrag afbetaal
Die dag toe ek dit kry,
lyk ek soos ‘n skoolseun van Queens College.
Tog te pragtig
Checkers wel gedaan
Ruben Bentley
Ek het na my hoërskool opleiding heelwat werke verruil opsoek na ‘n toekoms vir my toekomstige familie. Trou in 1975 met ‘n vrou van Grabouw waaruit net ‘n dogter gebore is.
Word aanvaar by General Motors South Africa in 1979 as ‘n gewone fabriekswerker. Neem op verskillende kursusse gedurende hierdie tydperk so ook bevorderings een na die ander verkry.
Word toe aanvaar in die Engineering Departement in General Motors as Project Engineer, waar ek die pos behou het tot die einde van 2008 met my aftrede.

Al wat ek nou kan doen is om te sê,
Dankie, Pa vir jou uitstekende werk in die landbou.
Wat jy kon doen, sal en kan nie herhaal word.
Dankie, Pa vir die opleiding wat jy my kon gee.
Vir die wysheid wat van jou af kom.
Vir die weg wat jy my gewys het.

Pa ek “Cap” jou as,
“Pa”, “Meester”, “Professor”, “Doktor”, “Koning”, “Vee-aarts”,  “Ouderling”

Pa ’n werk welgedaan op hierdie aarde.
Wens ek kon meer van jou wysheid gekry het.

Totsiens Pa, tot ons eendag weer sien daar bo in die hemel.

Jou seun
Ruben Bentley

Baie van my gedigte gaan oor gebeurtenisse en ondervinding gedurende my kinderjare op Hillmoor.

Ek is ook besig met ‘n boek genome:

“HILLMOOR AND ITS PEOPLE ONCE THE CREAM OF THE KAROO”
This book is based on the following points
     
•    What is the book about?
The book is providing a walk-through of Hillmoor and its people, once famous for its Merino Stud and its wool.
It provides an interesting perspective on the background of the families of Hillmoor and their activities. The book offers readers an insight into the introduction of almost a non-racial franchise which Fred Southey adopted. It also covers the fauna, flora, birds, animals and creatures found on this Karoo farm.  

Ruben en kollegas
Ruben en sy vrou, seun en skoondogter.