If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Akkoorde

Flash is required!

Ek het jou lief bokant woorde
en bo die klanke van taal
sing my hart in helder akkoorde
hoër en skoner as woorde wat faal.
 
Sing hy die lied wat aldeur gehoor word  
die deuntjie wat telkens weerklink
waar hartstog en passie beleef word
en verlange in drome versink.
 
My hart sing die hoë akkoorde
want ek het jou lief bokant woorde.