If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Strormbui

Flash is required!

Klein warrel laat herfsblare skarrel
en jaag stof op oor die werf.
Hy word driftig en dwarrel met mening oor rante en
veld
en groei tot ʼn krag vol woedegeweld wat takke kraak en
breek.
Voëls soek skuiling en beeste die speel
oor die reën wat kom –
oor die reën!

Die wind bedaar en gaan lê
en die lug word grou en stil met ontsag –
en wag.

Tydsaam plof die eerste groot druppels neer
maar word haastig en meer en kletter en raas en spat
en baljaar
en maak bymekaar en word stroompies en rooibruin
strome
wat jaag tesaam met die donder en blitse.