If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Verlange

platneus wasem teen ruit
turend verlangend alleen
na swewende miswolke
droewig daarbuite
 
so luister my hart intens
na eentonige tik-tak
van koue goue
oue muurklok
 
ketel in kombuis
skree skril
tot werklikheid
met hoë toon gefluit
 
daar in die deur
bruingebrand, fors
troon hy meteens
vir sy boeretroos