If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Toeka se Kalsium

wydsbeen, kopknikkend
hinke pink aan na die stal
die kwas van haar stert
wat heen en weer swiep
want vlieg se kind
maak haar mos mal
 
met nek stewig vasgeklamp
word riem gespan soos strop
wat haar dan verhoed
om die emmer te skop
 
met haar uier vol en rond
soos ‘n bepens ballon
staan sy maar lusern  herkou
kom tog klonkie maak net gou
my daaglikse kapasiteit
is vêr oor ‘n gallon
 
met uier geskrop en gewas
en speensalf sag aangesmeer
sit klonkie einde laaste
sy krom konkastoel  neer
neem die spene twee op ‘n slag
versigtig met die roomryke vrag
 
tussen voorvinger en duim
knyp en pars by gaatjies uit
en skitterwit  kalsium melk
vul emmer van vlekvrye staal
vorm skuimbolle soos dit spuit