If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Tafelberg

Waar Koning-proteas wiegend lag,
hou wolke sagkens oor jou wag,
daar waar dassies soet-slaap,
aan die vêrpunt van die Kaap.

Dis die ou-ou Tafelberg,
wat seeman staan terg,
trots waghou oor die see,
as die mis jou blad natvee.

As bote en frigatte om jou vaar,
staan jy grotesk, majestieus daar,
die goue baken vir elke matroos,
wat huiswaarts keer na sy kroos.

Spookasem-wolke kombers jou toe,
as jy oseaan se soutsproei proe,
volmaakte skepping uit Sy kwas,
staan jy tafel-gelyk - rotsvas.