If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Nie slegs maanskyn en Rose

Poog om ten volle te leef en laat leef,
slegs na positiewe in lewe te streef,
dinge wat ons reeds in lewe behaal het,
soms onoorwonne, soms gefaal het,
maak mens warm en nie arm.

Aan jou gegun slegs een kort kans,
om op lirieke van die lewe te dans,
worteldiep, ver in hartkamer delf,
daar opnuut te ontdek – jouself,
word so deur uitkyk gul verryk.

Vermy onnodig roem op rykdom, geld,
bewonder eerder Sy skepping in veld,
vloei van liefde, vergifnis deur are,
speel melodieë op hart se snare,
elkeen verdien om Sy sonstraal te sien.

Loer vorentoe, hef hemelwaarts jou kop,
vergeet en vergewe soos bitter en soet,
soet vir gesonde ritmiese hartklop,
bitter dood vergewensgesind’ bloed,
Vergeet, vergewe, laat elkeen lewe.