If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

My eerste

Jy het ligvoet getrippel
deur my hart se gange,
in sandput van smart,
het ons speels- saam -
die liefde loop tart.

Jy het onthou
wat my gunsteling liedjie is,
vals dan saamgeneurie,
as ons op lappieskombers
saam op rivieroewer rus.

Jy het geluister
na die stem van oseaan,
waar sy weemoedig stom,
tog vreemd strelend -
haar heimwee lied golf.

Jy het geraak
aan doudruppel-trane,
met rugkant van hand
soos hul biggel oor wange -
ek my hart opnuut verpand.

Jy het geruik
aan die lente van liefde,
vroeë bloeisels gepluk,
dit dan versigtig, sag -
in hartkamer rangskik.