If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Leef jou droom

Vang hierdie mal mot,
voor hy dwaas en blind,
sy fladdervlerke -
in kersvlam verslind.

Hang hoog halfmas,
oor gevaarlike krans,
tot die kloof se wind -
in jou kuif kom dans.

Jaag vir koggelmander,
streel sy growwe kop,
hoor die brulpaddakoor -
tot net duskant sonop.

Voel ronde rivierklippe,
jou voetsole masseer,
drink uit helder fontein -
naby die berg of meer.

Klouter aap-voet op,
in die hoogste boom,
staar na die horison -
en leef jou droom.