If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Kaelin

in my piepklein tuin se binnekant
staan jou plastiekblom en lag
en Ouma spuit slegs skoon
want jy het hom self daar geplant
 
twee malvablommetjies
het jy gans te kort afgepluk
maar Ouma pars dit in Bybel
want dis gegee met soen en druk
 
die modderkoekies het gekraak
en die reën het dit platgevee
maar nou is jy soveel groter
so ons gaan regte deeg maak