If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Ek gee aan jou

my oggend, middag en aand
’n glimlag vir jou bewaar
wanneer ons dan
herinneringe sag streel
saam in drome wegvaar
 
eensame koggelmander
versigtig gevang
getroetel en bewaar
sodat jy kan luister
na sy hartseer verhaal
 
aangemaakte sement
wat hartmure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
alle indringers te stuit
 
smaak van my heuningmond
as ek bewonderend staar
daarmee saam
geheim van my menswees
datt ons dit saam kan bewaar
 
opstaan, lief en leed
deel dit dan saam
om beide weet
nooit ooit sal vergeet
waardeur vasbyt moes vree