If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Die Begrafenis (Eitemal)

Flash is required!

'Is iemand dood? En wie was sy?' -
'n Vreemd'ling vra en stap verby.
Die bure sug: 'So 'n goeie vrou!
Haar skoonfamilie gaan ook rou.'

Die dokter frons: 'Dit was nogal
'n Allermoeilikste geval.'

Die predikant, manel en das,
Gebaar: 'Ja, alle vlees is gras.'

Twee kleintjies, met dik snye brood,
Roep: 'Omie, onse ma is dood.'

'n Man staar eenkant op die grond
Met twee diep lyne om sy mond.