If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Die Vrou Met die Rooi Rok

Flash is required!

Other Songs


Die vrou met die rooi rok aan,
stap vroeg-oggend die slaghuis binne.
Sy plaas haar bestelling by die slagter se vrou,
wat seker gemaak het
dat sy voor haar man by die toonbank kom.

"Mens kan nooit té versigtig wees,
met vrouens soos sy,
wat op twee en dertig
nog nie getrou en huis opgesit het
vir 'n man en kinders nie",
dink die slagter se vrou.
Terwyl so ongemaklik-vriendelik haar bestelling afneem
en belowe dat sy haar man sal vra om af te lewer.

Die vrou met die rooi rok aan,
met die gitswart-golwend hare,
stap uit die slaghuis uit,
en steek die straat oor na die apteek.
Sy kan sweer sy hoor hoe die slagter se vrou
vir ou Phineas sê
om tog die vrou se vleis te gaan aflewer.
Die apteker se ma is skoon stuurs toe sy instap.
"Wat? Waar het jy nou al gesien 'n ordentlike vrou
stap met so 'n korte ou rokkie
helder oordag in die dorp rond?"
'n Delila as jy dit dan nie kan sien nie!
En sy sal dit vir haar sê ook!

Die vrou met die rooi rok
sien in die spieëljie op die rak met die lipstiffies
hoe die apteker haar van agter aanstaar.
Dan, verstar die uitdrukking op sy gesig vir 'n moment,
en daar kruip 'n effense blos van skaamte oor sy wange.
Sy draai na die apteker se ma
net om te sien hoe dié se oë blits
in die rigting van haar seun.
"As sy ou vroutjie darem nou vir hom moet sien!"
... en ...
"hy moenie nou met sy pa se kant van die familie se streke begin nie!"
dink sy, en skrik haar byna yskoud
toe sy besef
die vrou met die rooi rok aan
staan reg voor haar.

Die vrou met die rooi rok aan,
met die gitswart-golwend hare,
met die perdeby lyfie, plaas die res van haar bestelling,
Leuen effe vooroor teen die toonbank om die tjek uit te skryf,
en sonder dat sy hoef op te kyk weet sy dat die apteker se ma
haar oë nie een oomblik van haar seun afhaal nie.
Toe sy groet en uitstap,
groet die apteker se ma nie terug nie.
"Aspris, met die hoop, dat sy aan die einde van volgende maand
eerder by ou vuil Attie daar oorkant die pad sal loop koop.
Die vrou met die rooi rok aan kies koers bank toe.

Die vrou met die rooi rok aan,
met die gitswart-golwend hare,
met die perdeby lyfie en die bafta-blou oë.
Op pad na die bank toe,
loop die vrou met die rooi rok aan haar skoolvriend raak.
"Vir wat staan en trek ek my maag in?" dink dié,
terwyl sy aan haar effens onnetjiese hare druk.
"Ek sou graag wou sien hoe sy sou gelyk het na vier kinders"
...en voor sy weet wat sy doen, het sy die vrou met die rooi rok
genooi om by haar te kom kuier.
Sy sal haar bel en laat weet wanneer daar 'n geskikte tydjie is.
Die vrou met die rooi rok se goed versorgde wit tande flits vir 'n oomblik
vriendelik in reaksie op die uitnodiging.
Dieselfde uitnodiging wat haar vriendin al seker
vyf of ses keer van tevore aan haar gerig het; en, nooit nagekom het nie.
Die skoolvriendin kyk haar agterna, "dit sal darem die dag wees
dat sy haar ou voetjies oor my drumpel sit," dink sy.
Sy't mos al gehoor hoe die mans oor haar praat rondom die braai
as die brandewyn hulle laat dink die vrouens is doof.

Die vrou met die rooi rok aan, met die goed-versorgde tande,
stap die bank binne. Die makelaar is die eerste een wat haar sien
en ongemaklik nader staan om te verduidelik dat hy baie jammer is
om vir haar te moet sê dat die duikekspedisie na Mosambiek
ongelukkig reeds vol bespreek was toe hy haar saamgenooi het;
hy het net nie geweet nie.

Die vrou met die rooi rok maak dit af met 'n handgebaar,
en voordat die makelaar kans kry
om haar te verseker
dat hy persoonlik sal sorg
dat haar naam volgende keer bo aan die lys is,
verskoon sy haarself en gaan staan in die ry.
"Hoekom moet ek altyd die een wees wat moet lieg,
net omdat die vrouens self nie die moet het
om vir haar te sê hulle wil haar nie daar hê nie,"
dink die makelaar terwyl hy terugsluip na sy kantoor.

Die vrou met die rooi rok aan, met die goed-versorgde tande,
met die elegante hande, word bewus van die bankbestuurder
wat haar herken en op haar afpyl.
Die bankbestuurder is net mooi op dreef met sy verduideliking
oor hoe 'n vratsgolf die hele kampeerterrein verwoes
het waar hulle sou gaan duik in Mosambiek,
toe sy oog die makelaar vang wat vir hom beduie om stil te bly,
hy't klaar vir haar gelieg.
Die bankbestuurder droog in die middel van sy sin op,
en verskoon homself met 'n laaste kyk na die vrou met die rooi rok
aan se ge-amuseerde mond.

Die vrou met die rooi rok aan, met die goed-versorgde tande,
met die elegante hande, en die ge-amuseerde mond.
Die vrou met die rooi rok aan stap laat middag in haar huis in.
Sy stap reguit na haar kamer, en gaan staan voor die spieël.
Sy kyk na die vrou met die rooi rok
wat voor haar in die spieël staan en na haar terugkyk.
Die vrou in die spieël het ses kinders,
sy't 'n diamantring aan haar vinger wat met robyne omring is,
styf teen 'n trouring van witgoud. Die vrou in die spieël se man
kom die kamer binne, groet haar,
en streel met sy hand oor haar effe onnetjiese hare,
vat haar hande wat duidelik nie vreemd is vir doeke was nie,
sit dit om sy nek en druk
haar effe mollige lyf teen syne vas.
Die vrou met die rooi rok aan
maak haar oë net vir 'n oomblik toe.

Die vrou met die rooi rok aan, met die git-swart golwend hare,
met die perdeby lyfie, en met die bafta-blou oë.
Die vrou met die rooi rok aan, met die goed-versorgde tande,
met die elegante hande, en die ge-amuseerde mond.
Die vrou met die rooi rok aan, maak haar oë oop,
net weer haarself in die spieël te sien staan,
met haar katte wat skuur teen haar bene.
Die trane lê vlak in haar oë wanneer haar gedagtes dwaal
na die tyd toe haar toekoms gelyk het
net soos al die ander vroue op die dorp s'n,
en hoe dit alles verander het die dag toe hy bang geraak,
en weggehardloop het.
Die vrou met die rooi rok aan,
die vrou met die rooi rok aan.

The lady with the red dress on,
enters the butcher's shop early morning.
She places her order with the butcher's wife,
who made certain
that she got to the counter before her husband.

"One can never be too careful,
with women like her,
who at the age of thirty two
have not yet married and set up a home
for a husband and children
the butcher's wife is thinking.
While she takes her order uncomfortably friendly
and she promised to ask her husband to do the delivery.

The woman with the red dress,
with the pitch-black wavy hair,
steps out of the butcher's shop,
and crosses the street toward the pharmacy.
She could swear she heard the butcher's wife
tell old Phineas
to be sure to go deliver the meat.
The pharmacist's mother is rather glum when she entered.
"What? Now where have you seen a decent woman
walks with such a short dress
around in town in broad daylight?"
A Delilah if you can't see it!
And I will tell her that too!

The woman in the red dress
sees in the mirror on the shelf with the lipstick
how the pharmacist stares at her from behind.
Then, the expression on his face freezes from a moment,
and a slight shameful blush shows on his cheeks.
She turns to the pharmacist's mother
just to see her eyes were staring (looking daggers)
in the direction of her son.
"If his little wife had so to see him now!"
... and ...
"he mustn't now start with the tricks on his dad's side of the family!"
she thinks, and she got the fright of her life
when she realized
the woman with the red dress
is standing right in front of her.

The woman with the red dress,
with the pitch-black wavy hair,
with a body like a wasp, places the rest pf her order,
Leaning over a bit over the counter to write the check,
and without having to look, knows the pharmacist's mother
is not taking her eyes off her son for one moment.
When she greeted and left,
the pharmacist's mother does not greet back.
Deliberately, with the intent, that at the end of next month
will go buy by old Dirty Attie across the road.
The woman with the red dress heads towards the bank.

The woman with the red dress,
with the pitch-black wavy hair,
with a body like a wasp,  and the bafta-blue eyes.
On the way to the bank, the woman in the red dress
runs into an old school friend.
"Why am I pulling in my stomach?" thinks her friend,
while pressing against her somewhat untidy hair.
"I'd like to see what she would look like after four kids"
...and before she know what she did,
the woman in the red dress
had invited her to come visit.
She will call and let her know when there is a suitable time.
The woman in the red dress's well cared-for white teeth
flash for a moment friendly in response to the invitation.
The same invitation her friends has extended surely 5 or 6 times before,
and never honored.
The school friend stares after her, "it will be the day
that she puts her little feet over my threshold," she thinks.
'Cause she's heard how the men talk about her around the BBQ
when brandy makes them think their wives are deaf.

The woman with the red dress, and the well cared-for teeth,
enters the bank. The broker is the first to see her
and uncomfortably comes closer to explain that he's very sorry
to notify her that the diving expedition to Mozambique
is unfortunately fully booked when he invited her to join;
He just did not know.

The woman with the red dress appeases him
with the gesture of the hand
and before the broker could get the chance
to assure her
that he will personally make sure her name
is at the top of the list next time,
she pardons herself and gets in line.
"Why must I always be the one to lie,
just because the women do not have the courage
to tell her personally they do not want her there."
is what the broker is thinking as he crawls back to his office.

The woman with the red dress, and the well cared-for teeth,
with the elegant hands, notices the bank manager
as he recognizes her and darts in her direction.
The bank manager is just in the middle of his explanation
about the freak wave that destroyed the camping site
where they would have gone diving in Mozambique,
when his eye caught the broker, signalling to him to keep quiet,
he has already lied to her.
The bank manager dries up in the middle of his sentence,
and pardons himself with a last look at the woman with red dress' amused mouth.

The woman with the red dress, and the well cared-for teeth,
with the elegant hands, and the amused mouth.
The woman with the red dress enters her home in the late afternoon.
She goes directly to her room, and stands in front of the mirror.
She looks at the woman with the red dress
standing in front of her in the mirror and staring back at her.
This woman in the mirror has 6 kids,
she has a diamond ring on her finger, encircled by six rubies,
snug against a wedding band of white gold.
The woman in the mirror's husband enters the room, greets her,
and strokes his hand over her slightly untidy hair,
takes her hands that are not unused to washing diapers,
places it around his neck and squeezes
her slightly plump body against his.
The woman with the red dress,
closes her eyes for just a moment.

The woman with the red dress,
with the pitch-black wavy hair,
with a body like a wasp,  and the bafta-blue eyes.
The woman with the red dress, and the well cared-for teeth,
with the elegant hands, and the amused mouth.
The woman with the red dress, opens her eyes,
just again seeing herself standing in the mirror,
with her cats leaning against her legs.
The tears are shallow in her eyes as her thoughts wander
to the time when her future
looked like all the other women in town,
and how it all changed when he got scared,
and ran away.
The woman in the red dress.
The woman in the red dress.