If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
English
Français
Deutsch
Italiano



Info-Box

Google Ads may go here

Staptoer of Kampeer

Wenk: Elkeen hoef nie alles self te bring en dra nie. Sekere items kan gedeel word om die algehele las te verlig.

Toiletware

seep, waslap, tandeborsel en tandepasta en haarseep
kam of borsel
toiletpapier
sonbrandmiddel
lipsalf en oogdruppels
spiersalf (soos "Deep Heat") 
muskietweermiddel (soos "Tabard")
hoofpynpille en eie spesifieke medisyne
Noodhulp: pleisters, verbande en enkelstutte, ontsmettingsmiddels, antibiotiese salf, watte.

Algemeen

lees en skryf material (papier, pen, verkennersboek oor fauna en flora, klein Bybeltjie, liedjieboek, bekfluitjie)
permit en roete kaart
potlood en papier
plastiek sakke vir nat weer
Opsionele items: sonbril, kamera, verkyker, mp3 speler, selfoon

Ander Belangrike Benodighede

eetgerei, skerp messie en bliksnyer
gasstofie en gaslampie (sorg vir genoeg ekstra gas; 1 stofie x 4 stappers)
kastrol, pan en spaan
vleistangetjie (vir braai)
houer (vir meng en om mengsels te skud)
jammerlappie, skottelgoedwasmiddel en skuurdertjie
plastiese sakkies
vuurhoutjies
kerse
flits met ekstra batterye
lyn en tou (om dinge vas te maak, op te hang, ens.) 

Kos

Die staptoer spyskaart moet elke stapper of kampeerder se diëet in ag neem. Dink aan gewig, smaak, en voedingswaarde, koste, asook die gerief van maklike voorbereiding.
Wenk: Stel 'n gedeelde spyskaart saam tussen twee tot vier mense.

Goeie beproefde idees:
aanmaak koeldrank bv. Game, Clifton en Vitamin Cocktail
sjokolade
suiglekkers soos Super C's en Vita C's
neute soos grondboontjies en rosyne
droë vrugte (bv.snippers),
biltong en droë wors
kaaswiggies
joghurt (nie aan hitte blootstel nie)
kitssop en kitssous
beskuitjies (soos provitas) 
ontbyt pap of korrels (kan vooraf gemeng word met melkpoeier en suiker)
blikkies vis, vleis 
gerookte en vakuum verpakte worsies en braaivleis
eiers of poeiereier
sout en peper ens.
warm dranke soos koffie, tee, suiker, melkpoeier en sjokolade drankie
konfyt, stroop en botter (in 'n buis)
vars en gedroogte vrugte en groente
brood bestanddele

Klerasie

hoed (groot genoeg)
twee stelle ligte klere
een sweetpak en/of warm baadjie
stapskoene en dik wolkouse (kort sykouse is ook handig - dit voorkom blase)
plakkies of ligte skoene vir gebruik na die dag se stap
swemklere en handdoek
reënjas (Groot plastiese vullissak kan gebruik word)
wolmus (om mee te slaap as die nagte koud is)
slaapsak en kussinkie
wasgoedlyn en pennetjies
naald, gare, skêrtjie, haakspelde en ekstra veters.
waspoeier (Bv Omo)